ʼn Agtjarige skoolseun is Maandag dood nadat ʼn bus hom in Elsburgweg in Boksburg getref het. Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die ongeluk het omstreeks 14:30 plaasgevind, en die seun was steeds in sy skooluniform.
“Dit is nog nie seker hoe die kind voor die bus beland het nie, die polisie ondersoek steeds die saak,” het Botha gesê.
Volgens Botha is die seun op slag dood en kon paramedici niks doen om sy lewe te red nie.