ʼn Woordvoerder van ER24, Andre Visser, sê die taxi het teen die bestuurskant van ʼn Citi Golf gebots. Die bestuurder van die Golf, glo in sy 60’s, het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die taxi se bestuurder en 15 insittendes het ligte beserings opgedoen en van die passasiers is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
In nog ʼn voorval in Pinetown het die bestuurder van ʼn voertuig glo beheer verloor waarna die motor van die pad afgegaan en in ʼn rivier beland het. Niemand is in die ongeluk beseer nie.