“Die regering moet ons bejaardes beskerm, want hulle is sagte teikens.” Dít is die reaksie van Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, nadat nege bejaardes omstreeks 6:00 vanoggend in Pretoria deur rowers gewond is, terwyl drie afsonderlike gevalle in Durban plaasgevind het.
Cameron meen dit is ʼn eenvoudige konsep wat behels dat die polisie versterkings in mannekrag by alle pensioentrekpunte moet plaas. Sigbare polisiëring is die antwoord om só ʼn krisis onder beheer te bring. “Vier rooftogte met verswarende omstandighede by sakeondernemings binne 12 uur, met pensioenarisse as die hoofslagoffers, is ʼn skreiende skande,” het hy gesê.
“Indien die regering nie verantwoordelikheid gaan neem om bejaardes op te pas nie, sal AfriForum in gebiede waar ons veiligheidstrukture het, self toesien dat landsburgers beveilig word. Dit is toenemend die geval dat gemeenskappe self na hulle veiligheid moet omsien.”
Cameron het verder genoem dat geweldsmisdaad in Suid-Afrika styg en dat gemeenskappe hulself moet kan verdedig.
Maroela Media het Woensdag oor twee van die vier voorvalle berig. Talle mense, meestal bejaarde omstanders, is gewond nadat ʼn skietery by ʼn winkelsentrum noord van Pretoria uitgebreek het. Lees meer hier.
ʼn Vrou is ook beseer nadat rowers op ʼn winkelsentrum in Clermont in Pinetown, KwaZulu-Natal, toegeslaan het. Lees meer hier.
Gedink dit is net ‘n kwessie van tyd voor hierdie onding gaan uitslaan by inkopie-sentrums.
As ‘n mens kyk hoe lang rye pensioenarisse staan, is dit ideale broeiplekke vir oppurtuniste.
Lieweland, …die absolute apatiese gedrag van hierdie regering, skree ten hemele.
Ek en ons mede-afrikaner, se GROOT dankie en salueer jul AfriForum, vir die inisiatief wat jul bereid is om te neem, indien die regering in gebreke bly om sy land se burgers en in besonder, die mees kwesbares te beskerm.
Ons sal dan sien -en hopelik die oe van die bree publiek oopgaan.
Wat meer kan n mens sê. ?
baie goeie blaai
“Die regering moet ons bejaardes beskerm..”
Want “ons” is te besig met ‘oop briewe’ en politiek.
Ai Ian, so waar wat jy sê, “moet ons bejaardes beskerm” – teen wie dink jy? Hulle kiesers, glo nie hoor, skryf oop brief man, of doen iets daaromtrent!
Daar word gesê n gemeenskap se beskawingspeil word gemeet aan die beskerming van die jongstes en oudstes in die groep, ek is deel van ‘n barbaarse samelewing!