LEES OOK: Lesotho-staatsgreep: Skote klap al van vroeg af
Die weermag in Lesotho het Saterdagoggend vroeg beheer oorgeneem van dié klein koninkryk se polisiehoofkwartier en blok nou radiostasies en telefoonlyne.
“Die gewapende magte, die spesiale magte van Lesotho, het die polisiehoofkwartier oorgeneem,” het Thesele Maseribane, minister van sport en leier van die Basotho Nasionale Party, aan AFP gesê.
Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, het vroeër aan EWN gesê sy departement sal later ‘n mediaverklaring uitreik of ‘n perskonferensie hou.