Plaasmoord: Bejaarde Vrystaat-boer doodgeskiet; gesin aangerand

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Willie Janse van Rensburg, ʼn 72-jarige boer van Odendaalsrus in die Vrystaat, is Donderdagaand op sy plaas, Nuwejaarsbosch, doodgeskiet waarna lede van sy gesin aangerand is.

Hennie Gerber, ʼn privaat landbouveiligheidshoof, het Vrydag vanaf die toneel aan Maroela Media gesê Janse van Rensburg, sy skoondogter, vyf kleinkinders, en ʼn werktuigkundige was op die plaas toe vyf gewapende mans hulle omstreeks 20:15 oorval het.

“Janse van Rensburg het na buite gegaan om sy honde oop te maak en om die masjiene by die melkstal af te skakel toe die vyf mans hom oorval het,” het Gerber gesê. “Hy was gewapen en sy aanvallers kon daarin slaag om sy vuurwapen by hom af te neem. Hulle het hom glo drie keer geskiet en hy is op die toneel dood.”

Die aanvallers het daarna die werktuigkundige, wat naby die plaashuis in ʼn karavaan bly, aangerand en ook Janse van Rensburg se skoondogter en een van die kleinkinders erg aangerand.

Hulle het ʼn aantal selfone, vuurwapens en ʼn onbekende hoeveelheid kontant gebuit en toe met Janse van Rensburg se bakkie van die toneel gevlug. Die bakkie is later verlate opgespoor.

Die polisie en paramedici het die slagoffers ná die voorval bygestaan.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek die voorval.

Gerber het gesê dit is die 8ste plaasmoord in die provinsie hierdie jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Dave ·

Gaan daar ‘n beloning uitgeloof word vir inligting om die moordenaars te identifiseer en op te spoor?

Lindie ·

Dave ek stem saam. Ek wonder nou dieselfde ding. Die arme boer het nie sokker gespeel nie :( So sy dood is maar nog net weer ‘n dood :(

Leeutjie ·

Stem saam Dave. Maar dit gaan die staatskas bankrot maak…soos dit nou onder die boere gaan, gaan ons een van die dae onder die dierewet ingeskakel word as ‘n bedreigde spesie…soos met die renosters.

HEVW ·

Niyega, ons dring aan op n spoedige taakmag, konferensie en n R150,000 beloning.

Elgar ·

Sy moet eers weet waarvoor al die medaljes is wat sy persent gekry het voordat sy sake kan laat probeer oplos!!!!!!!!

Theresa ·

Ja en so gaan dit aan en aan en aan. So is die arme man maar net nog ‘n syfer – deel van die sinnelose en nuutelose statistiek.
Baie sterkte vir die familie en vriende. Mag die Here julle krag gee om weer op te staan.

Salnieverstaan ·

Dit is seker maar weer net ‘n storie in die nuus! Ek wonder of daar ‘n spesiale begrafnis gehou gaan word vir die onskuldige slagoffer. My innige simpatie met die familie

ADRI ·

Ja nog n plaasmoord, gaan jul nou n beloning van R250 000.00 ook gee as die aanvallers en moordenaars gevang word? Of gaan dit ook maar net nog n plaasmoord wees?

Wens jul wil wakker skrik man, ons “wit” BOERE word uitgemoor en niks word daaraan gedoen nie… moord lyk my is nou n nuwe werksgeleentheid hier in SA, waar kry mens aansoek vorms vir die poste, word aangestel om te moor en dit wat jy kan steel is jou salaris…..

NEE regtig dit raak nou erg.

Gatvol

suzette tallie ·

So loop mens dag vir dag verby die wrede mense,en jy is nie bewus dit is n moordenaar nie.dalk more is dit jy.Ons wereld is boos.!! En wreed!! Mens weet nie meer wat more inhou.Leef dag tot dag,en bly op ons kniee.Sterke aan al die families.

Amanda Visser ·

Kan daar nie polisie patrollies op die paaie gedoen word nie? n Afdeling om spesifiek plaasaanvalle te voorkom is darem nie te veel gevra as jy in ag neem hoeveel belasting en inkomste die boere genereer
vir die Staat? Asb daar moet iets mos nou gedoen word? Raak dit nie nou nodig om internationale klagte in te dien teen die regering om burgers te beskerm nie?

Elize ·

Dan wil ek wonder hoeveel wittes gaan onnodig doodstraf kry, en die ander dalk net 5 jaar vir culpable homocide

SY de Wet ·

Witman ,die doodstraf ? Wie se wet is dit dan nou ? Die Bybel se wet ? Onthou ons is geleer daardie wet het verdwyn ne’ ,doodstraf vir ander oortredings van God se wette om nie eers van te praat nie . Lees die kommentaar ons mag nie oordeel nie .Watter regbank gaan die’ doodstraf van jou vel? Wie gaan daaronder ly ? Al gewonder of iets sal verbeter as die witman weer sy God dien?

Grassie ·

Ek het nie meer woorde nie – alles wat gesê kan word is al in die verlede gesê, en te vergeefs. En dan wil die regering nog die vuurwapenwet hersien – om die boere minder weerbaar te maak? Die regering gaan seker geen kommentaar lewer of medelye betuig nie, want dit is mos hul comrades wat hierdie wandade pleeg. Nou wonder ek of Afriforum simpatie gaan betuig – dit sal interessant wees om te sien.
Ek wil graag my innige meegevoel uitspreek teenoor die familie van hierdie boer. Ek glo dat die Skepper aan hulle vertroosting sal gee en hulle deur die moeilike tydperk wat voorlê sal help.

larra ·

Hoekom,Hoekom wat het die plaas boer gedoen om so iets te verdien om so dood gemaak te raak.

plaasseun ·

Ai , ons spesiale VADER , verander en vernuwe asseblief elkeen van ons se hart en gemoed sodat elkeen onder U heilige Wil gehoorsaamheid sal vind ! ! AMEN IN JESUS SE NAAM .

Lindie ·

Weereens is niemand in hegtenis geneem nie. Die moordenaars gaan maar net nog wegkom net soos elke ander een. :(

Zanie ·

Eks stom… sit en dink aan soveel goed om te sê, maar gaan boeke nodig hê.. gaan dit OOIT ophou…

Glenda ·

Sterkte aan die familie en gemeenskap, een boer, wat vermoor word is een te veel, maar soos met al die ander plaasmoorde, sal dit seker nie eers opskrifte maak in die media nie, net n onderskrif op die nuus, gewonder die van die boere haat die klomp mense wat dit aan hul doen nie, weereens sterkte, ek dink aan julle

2Roedolf1 ·

Praat gaan nie meer help nie dis tyd vir dade .besef julle almal dat die mense nie net aangerand is nie maar dat die 16jarige dame verkrag is deur daai gemors

adrian ·

Die landbouers is die helde van Suid Afrika. Die spesiale mense wat elke dag in vrees leef sorg dat ALMAL TOT KRIMINELE TOT SLEGTE POLITICI en kommuniste elke dag met n bord kos voor hul sit. Daar is hongersnood vir elkeen in die land tot jy die volgende bord kos kry. Ons word almal honger tot 2 keer n dag. Ek kan net die landbouers loof en prys vir wat julle doen maar die regering wil hul van die grond afhe dan sal niemand kos he nie.

Elize Joubert ·

Ai die ou mensies moet hul plase vir jong manne gee om te bestuur. Jong manne wat nog paraat is en en kan baklei. Daar is soveel jong manne daar buite wat werk soek. Span hulle in, plaas sommer so paar op een plaas. Hulle sal saam die boerdery aan die gang hou en ook meer bedag wees op aanvalle.

Leeutjie ·

Elize dit was ‘n baie wyse reaksie. As ‘n mens oortree a.g.v. bestuur onder die invloed of iets dergeliks wat as ‘n ligte vonnis beskou word laat hulle gemeenskapsdiens doen in die vorm van wat jy so pas voorgestel het. Om busse te was vir hulle straf dra geen betekenis nie. Stuur hulle plase toe en laat hulle iets gaan doen tot voordeel van ons boere.

Gert Kruger ·

Solank ‘n boer(e) nog sulke onsinnige en onverantwoordelike dinge doen soos in die berigte beskryf, sal hulle die gevolge maar moet dra!

pietie ·

LIEWE VADER, U WEET DIE PYN EN HARTSEER WAT ONS AS MENS BELEEF IN HIERDIE DROEWIGE TYE, GAAN MET DIE VAN RENSBURG FAMILIE, VERLIG HUL HARTSEER EN PYN, EN GEE HUL KRAG VIR DIE DAE WAT VOORLE, EN ONS SAL AS MEDEMENS HUL ONDERSTEUN WAAR ONS KAN. AMEN.

niemand, letwel niemand gaan hulp of bystand verleen van “buite’ hou op vra. ek vat ‘n voorbeeld, ons op wesselsbron het ‘n baie aktiewe wiltlig (soos buurtwag) al vir 5jaar en met goeie resultate omdat ons dadelik reageer insamewerking met die S.A.P.D. en ry gereeld patrolies, de hoop studiegroep het by ons ingeskakel en ry ook gereeld, verdagte voertuie en vee diefstal het BAIE afgeneem, so ook mooiveld se studiegroep. Desmond reed is ons sektor leier 0827706201 skakel hom gerus, hy sal graag help en detail gee hoe doen ons dit. Wesselbron het ook die toekening gekry as die dop met die laagste misdaad syfer. ja ons vrouens moun as ons patrolie ry, ja en ons is moeg die volgende dag by die werk, ja en dis ons eie brandstof onkoste, eie kostes om 2 rigting radios aan te skaf, MAAR ons pluk die vrugte, ons is te bederf en die opoffering is te groot om in die nagte te ry, ja en ons sukkel dat almal inskakel, want dis moeite en ons is nie lus vir moeite nie, wel dan moet jy tot ‘n besluit kom……….

jan gagiano ·

Kan ons nie weer Pretoria toe opruk om aan die regime te se dat ons dit nie verder gaan duld en toelaat nie.

Steve ·

ek het die sopas ontvang…. “it was 5 not 4 and the 16 year old daughter was raped my son is sitting with her at the SAPS as we speak the 18 year old daughter was hit with n gun on the chest and had to get stiches!!!!” why was the rape not reported???

Riekie ·

Ironies hoe hierdie mense wat eenvoudig die boere uitmoor, geensins aan die gevolge daarvan dink nie?

Die gesin van ‘n boer wat vermoor word, se hele toekoms word opgefoeter. Dan ook, die boer se plaaswerkers. Sonder ‘n baas, sonder heenkome, sonder inkomste. Een boer vermoor = 20 plaaswerkers se gesinne sonder kos. (Om sy gesin se emosionele lyding in woorde te moet sit gaan nie moontlik wees nie).

Meer boere gee pad van hul plase af en gaan soek ander werk eerder as om hul gesinne bloot te stel aan plaasaanvalle. Daardie plaas se produksie word onmiddellik ontneem van ons rakke af. Die gevolg – ons moet meer invoer. Meer invoer – slegter ekonomie. Slegter ekonomie – duurder kospryse. Geen een mens in hierdie land (hetsy wit, swart, bruin, indiër, chinees…) is onaangeraak deur plaasaanvalle nie.

Maar kom ons stel eerder taakspanne aan en loof belonings uit vir ‘n sportster (vermaaklikheidster?) se moordenaars, want die gesin wie se vader weggeneem is en die klomp plaaswerker-kindertjies wat vanaand honger moet gaan slaap, is mos nie famous nie…

Corrie Badenhorst ·

Ek stem saam – ons moet ook weer ‘n optog hou na Pretoria.Want as dit my gesin is sal ek begin met die oorlog in MY land.Mense hou gaan ons saam staan om die probleem op te los of het ons geen leiers meer oor nie.Of is dit elke persoon vir homself,dit wil so voorkom.Ons wittes moet begin saam staan en begin waar hulle ook begin het om ons land weer terug te kry op ons standaart.Ek weet net soos by my werk – mense hou van praat maar geen aksie tot die daat en woord nie.Ek is hier as my mense my nodig het.

Groete

HEVW ·

Pietie Wesselsbron, baie geluk. WELGEDAAN. Dit is presies waarop ek so aandring. Dit moet n gemeenskapsaak wees. As iemand versuim is dit n wandaad teenoor die gemeenskap. Met ontleding van die plase, samestelling van plase, mense wat in dorp woon ens. kan dit met die tyd meer koste efektief en doeltreffend bestuur word. Ja daarvoor is die studiegroepe daar. Baie mooi.Julle sal vind die proses word meer en meer geslyp. 100% veilig sal dit nooit wees nie. Ek dink aan arm eerbare, bruikbare mense wat selfrespek het en sonder werk is. Daar kan moontlik ook vir hul werk geskep word.

HEVW ·

O mag”ta”g Leeutjie, los maar liewer daai gedagte. Ons wil nie daai goed op ons plase he nie. Al was hul oortredings ook lig. Ons het genoeg moeite hier.

Jain van der Merwe ·

Hul moor ons uit, doodstraf sal moet terugkom!

Jacques Calvert ·

Ag nee man,,,,wonder of die springbokke ook by sy begrafnis gaan wees….SEKE NIE!!!!!

Sjoe dis tyd dat die wit mense se oe oopgaan en laat ons begin saamstaan…REGTIG…

Al hoe ons dit gaan regkry is as ons aan die slaap regering die dood straf terug bring..
Want dis mos nou 5 jaar tronkstraf as jy iemand doodskiet en 10 maande MOET jy sit.
Absoluut belaglik…..In Amerika, is ‘n man 25 jaar tronkstraf opgele vir AANRANDING….
En niemand is eers dood nie.
Suid Afrika…..is in syM@$R…

HOU MOED MY VOLK, EN SLAAN JOU OE WEER OP NA DIE SKEPPER VAN ALLES!!

leon van deventer ·

Ek ken die plaas soos die palm van my hand my oorlede skoonouers het voor die van rensburgs op die plaas gewoon . dit is baie hartseer wat gebeur het dit is net barbare wat so iets kan doen. Jammer dat die politisie nie hierdie kommentare lees nie .dalk is dit tyd om vigilante groepe te stig en self hierdie barbare te jag.sterkte aan die slagoffers .

Drieks ·

Steve, dis verskriklik. Woorde kan ni beskryf wat daardie dogter moes deurmaak ni, en jou seun wat haar by staan sal altyd die pyn onthou. ANC se slegte landsbestuur.

hennie ·

Wit Suid Afrika indien julle dit dan nou nog nie besef nie, die saps is nie daar om julle/ons te beskerm nie maar om mee te doen met dit wat gebeur….saps maak doelbewuste blops of so nie trae pogings om die skuldiges op te spoor…….JULLE /ONS is TEIKENS kry dit tog nou vir eens en altyd in jul kop!!! Julle behoort teen hierdie tyd te weet dat misdadigers aan die roer van sake is en misdaad is inbeheer daarom kan ieder en elk vergeet van enige verbetering in hierdie verskriklike toestand wat die land in verkeer………Kyk hoe floreer misdaad in die staatsdiens en om van korupsie nie eers te praat nie en daar kan jy n duidelike voorbeeld kry van diee wat veronderstel is om skoon en met n gewete te regeer! Sorg net vir hul eie sak!

Andersom ·

DIs tyd dat die bordjies verhang word, gaan moor en verniel bejaarde nie-blankes, en sien hoe vinnig daar ‘n beloning en taakmag geskep word. Ek weet, dit klink vreeslik, niemand verdien dit nie, maar as die skoen aan die ander voet is………? Maar moenie regtig onskuldige mense gaan verniel nie, ek se maar net.

Pikkie Labuschagne ·

Ek is nie een wat geweld aanjaag nie maar ek is nou op die staduim op die punt om dit te begin doen. Ons moet hierdie gemors wat op ons plase kom moor en roof net voor die voet dood skiet . Ek se weer ons moet die onkruid uitroei . Dit is ons of hulle. As ons boere nie gaan saam werk nie gaan hulle ons met hierdie koue oorlog uitroei.

Zom Apo ·

Ons hoor niks meer van FW en die JA-stemmers oor die gemors niet – of is FW dalk nog al JA-stemmer wat oor is in die land ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.