Polisie deursoek Clearwater Mall ná bomdreigement

Clearwater Mall nadat dit ontruim is. Foto: ER24

Clearwater Mall nadat dit ontruim is. Foto: ER24

Die polisie se bom- en honde-eenhede het Maandagoggend Clearwater Mall in Roodepoort, Johannesburg, gefynkam nadat ʼn bomdreigement ontvang is.

“Die twee eenhede is deur die winkelsentrum nadat almal ontruim is,” het maj. Mack Mngomezulu, polisiewoordvoerder, gesê. “Hulle het die plek deursoek en sover nog niks gekry nie.”

Hy het gesê winkelbestuurders is weer toegelaat in die sentrum. Hulle sal deur personeel gevolg word, waarna inkopiegangers weer toegelaat sal word.

Cecile Braun, die sentrum se bemarkingsbestuurder, het gesê iemand het die bomdreigement tydens ʼn telefoonoproep gemaak.

“Ons het die oproep ontvang en prosedure gevolg deur die sentrum te ontruim en die polisie te ontbied,” het Braun gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.