Soorte resepte:

Resep: Pita met sitrushoender en dille slaai

pita-met-sitrushoender-en-dille-slaai

Hierdie is ‘n heerlike variasie op ‘n hoenderslaai en is nie net maklik om te maak nie, maar boonop baie gesond. Foto: Daniël-plan Kookboek/CUM-uitgewers.

Geniet ‘n opwindende variasie op ‘n klassieke hoenderslaai. Vir ‘n sterker suurlemoengeur kan jy ook die skil gebruik. As dille nie jou gunsteling krui is nie, kan dit vervang word met vars tiemie of kruisementblare. Jy kan ook ‘n oop toebroodjie hiervan maak met glutenvrye brood of rol dit in ‘n bruinrys tortilla op.

Lewer 4 porsies

Bestanddele:

  • 3 koppies gaar hoenderborsies, opgesny
  • 4 klein selderystokkies, fyngekap
  • 4 eetlepels rooi-uie, fyngekap
  • 1 opgehoopte eetlepel vars dille, fyngekap
  • 4 eetlepels organiese of streng vegetariese mayonnaise
  • 2 teelepels suurlemoensap
  • Seesout en swartpeper (of suurlemoenpeper)
  • 2 groot volgraan pita’s, gehalveer
  • Rooi blaarslaai
  • Tamatie in skywe, in skywe gesny (opsioneel)

Metode: 

  1. Meng die hoender, seldery, uie, mayonnaise, dille, suurlemoensap, sout en peper in ‘n mediumgrootte mengbak.
  2. Vul elke pitahelfte met ‘n slaaiblaar, ‘n sny of twee tamatie en dan ‘n kwart van die hoenderslaai.

Bron:

Die Daniël-plan Kookboek deur Rick Warren, dr. Daniel Amen en dr. Mark Hyman in samewerking met Die Daniël-plan se ontwerpersjefs.

Die boek is in hardeband en as ‘n e-boek beskikbaar en kan by CUM-uitgewers bestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.