Christel van den Bergh en David Louw nóg ’n seuntjie ryker

Christel van den Bergh en David Louw is nóg ’n seuntjie ryker. (Foto: Christel van den Bergh/Facebook)

Die akteurspaartjie Christel van den Bergh en David Louw het vandeesmaand ’n tweede seuntjie verwelkom.

Laudo Christian Louw is op 1 Julie gebore en het sy ouers reeds behoorlik aan’t koer.

“Genade onbeskryflik groot. Ons is baie dankbaar en verheug om te kan sê alles het goed afgeloop. Ná amper twee en ʼn half jaar van swangerskap (dis hoe dit gevoel het, oukei…) het ons nuwe babsie sy opwagting gemaak. So net voor die koeie op die plaas beginne kalf,” lui die boodskap wat die aktrise op haar Facebook-bladsy gemaak het.

Haar boodskap was ook ’n dankbetuiging vir die kosbaarheid van die lewe.

“ʼn Herinnering om elke oomblik in te neem en ons beste probeer om niks vanselfsprekend te aanvaar nie. Die lewe is kosbaar en so onvoorspelbaar. Koester dit en koester mekaar.”

Sy het ook geskryf dat sy, Louw en hul seuntjie “in hul noppies met hul nuwe seuntjie is”.

Chistel van den Bergh en haar twee seuntjies. (Foto: Christel van den Bergh/Facebook)

Van den Bergh het vroeër aan Maroela Media vertel dat sy dit vreeslik geniet om swanger te wees en dat sy nie daarin glo om daaroor te kla nie. Sy het toe ook gespog met hoe rustig hul eerste seuntjie, Daniël, is.

David Louw saam met Laudo Christian Louw. (Foto: Christel van den Bergh/Facebook)

“Dit gaan so lekker wees om vir hom ʼn beste maatjie te kan gee. Ek is besig om ʼn teorie te toets. Ek probeer alles wat ek in my eerste swangerskap gedoen en geëet het, herhaal. Ek dink dit het definitief ʼn uitwerking op jou kind aan die einde van die dag.”

Louw het vroeër met Maroela Media oor die vreugdes van pa-wees gesels en het heerlik gegons oor die vooruitsig van die koms van hul tweede seuntjie.

“Ek word dié jaar vir die tweede keer pa, dis vir my wonderlik. Vaderskap is alles maal ’n duisend wat ek verwag het. Dis die beste ding wat ooit met my kon gebeur het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Karinda ·

Ag moeder! Julle is so pragtige gesin, baie geluk mag julle as gesin net vreugde en liefde ervaar.

Anna84 ·

Daniël kyk darem so liefdevol na die nuwe boetie van hom <3<3

Miena ·

Beide is akteurs en het in GMR – Getroud met rugby e.a. gespeel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.