Motor 23 m onder water ná ongeluk

ER24 is ook Maandag na die toneel ontbied. (Argieffoto ter illustrasie: ER24)

Duikspanne en nooddienswerkers is Maandag na ’n toneel in Oranjeville in die Vrystaat ontbied, waar ’n motor teen ’n versperring op die Magrieta Prinsloo-brug gebots en in die water beland het.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Maandag bevestig dat die motor sowat 23 meter onder water vasgevang kan is.

“Weens skade aan die versperring op die brug blyk dit dat die voertuig daarteen gebots het. Dit is nie duidelik hoeveel insittendes ten tyde van die ongeluk in die motor was nie.

“’n Polisie-duikeenheid is geaktiveer en duikers is tans besig met ’n soekoperasie op die toneel,” het die NSRI Maandag gesê.

Dit is nie in dié stadium duidelik of reddingspanne die motor of enige insittendes intussen uit die rivier gehaal het nie.

Craig Lambinon, die NSRI se woordvoerder, sê daar is nog geen nuwe inligting oor die voorval beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.