Paris Hilton ʼn babadogtertjie ryker

Paris Hilton en haar babaseuntjie, Phoenix. (Foto: Paris Hilton/Instagram)

Die bekende Paris Hilton, hotelerfgenaam, televisiepersoonlikheid en platejoggie, het pas aangekondig dat haar gesin gaan uitbrei.

Paris het in ʼn Instagram-plasing ʼn foto gedeel van ʼn pienk baba-uitrusting met die inskrywing: “Dankbaar vir my babadogtertjie.”

Die naam London pryk voorop die pienk hempie met sy skattige kragie. Dit is egter nie bekend of die dogtertjie nog op pad of reeds gebore is nie.

Paris en haar man, die waagkapitalis Carter Reum (albei 42), is reeds ouers van die byna eenjarige Phoenix. Hy is in Januarie vanjaar via ʼn surrogaat gebore.

Paris het reeds in Desember verlede jaar in ’n onderhoud met People verklap dat sy en Carter graag ouers wil word en dat hulle vroeg in 2021 met in vitro-bevrugting (IVF) begin het.

“Ons het geweet dat ons met ’n gesin wil begin, en ek het gedink die tydsberekening is perfek. Onder normale omstandighede is ek 250 dae van die jaar op ’n vliegtuig, daarom het ek gedink ons moet die eiers solank gereed kry.”

Paris en Carter het in 2021 verloof geraak en is in November daardie selfde jaar getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.