Pretoria-aktiviste eis Zuma se kop

Aktiviste van die #SaveSouthAfrica-veldtog op 4 April 2017 in Pretoria (Foto: ANA)

Talle aktiviste van die #SaveSouthAfrica-veldtog het Dinsdag buite die gebou van die nasionale tesourie bymekaargekom en geëis dat pres. Jacob Zuma dadelik moet bedank.

Met hul groen #SaveSouthAfrica-T-hemde het die betogings naby die hoofingang van die tesourie gesing en gedans terwyl verskeie beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en Tshwane-metropolisie die betoging gemonitor het.

“Dit is ʼn opwarming vir Vrydag,” het aktivis Themba Masango gesê. “Ons is hier om Zuma te vra om te gaan. Wat ons vandag doen, is maar nog net ʼn teken van dit wat kom. Vrydag gaan die groot dag wees. Ons sien nou dat meeste vakbonde, politieke partye en burgerlike organisasies ook eis dat Zuma gaan.”

Hy het gesê die boodskap oor Vrydag moet versprei word. “Vertel jou vriende waar hulle ook al is om na Pretoria te kom en na die Uniegebou op te ruk. Ons wil Zuma uit die kussings lig. Die huidige situasie is oor lewe en dood. Die gevolge sal in die toekoms gevoel word. Jong mense, julle sal 10 jaar van nou af, wanneer jy sukkel om jou kind in die universiteit te kry, wens jy het vandag opgestaan.”

Die aktiviste drom al sedert Vrydag by die tesourie saam nadat Zuma die minister van finansies Pravin Gordhan en sy adjunk Mcebisi Jonas en ander ministers afgedank het.

Masango het gesê die gevolge van Zuma se beleid sal die ekonomie hard tref. “Wanneer ons soos Zimbabwe is, dat ons brood moet koop met ʼn kruiwa vol geld, sal ons besef ons moes opgestaan het. Ons sal op ʼn punt kom waar jy by die bank kom, en die bank gaan sê jy kan nie jou geld onttrek nie.”

Lede van Forum 4 Service Delivery (F4SD) het ook buite die nasionale tesourie betoog. “Ons, as F4SD, kan nie meer stil bly terwyl ons demokrasie, waarvoor ons so hard baklei het, bedreig word nie. Die tyd vir ʼn nuwe stem het aangebreek en as F4SD wil ons seker maak die nuwe stem word gehoor,” het die nasionale sameroeper van F4SD, Mbahare Kekana, gesê. “Ons ondersteun onbeskaamd die massa mobilisering om die ware vryheid te herstel wat beteken dat die mense sal regeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

snoefie ·

GOOD LUCK. julle gaan julle bene stompies dans. pure mahala. hy is daar om te bly.

Luiperd ·

Zahn – Jy kan dit koop by die ANC se kantore, Zuma sal hom vir jou teken ook.

Leendert ·

En die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee het gisteraand met Zuma se teenstanders, soos Cyril, die vloer gevee, ek glo hulle sal nie daarvan herstel nie. Hierdie Zuma-man is deur die ANC grootgemaak. Suid Afrika het die ANC grootgemaak en vir hulle ‘n grondwet geskryf wat hulle omhels het. Zuma is nou sterker as ooit.

Suid-Afrika verdien die ANC en vir Zuma. Die land is nog nie waar dit moet wees nie, rommelstatus was nie genoeg nie en ‘n sterker Gupta geplunder saam met nommer 1 en sy familie is ons voorland.

Die Grondwet is mos geskryf met Nelson in gedagte. Hehehehe.

John ·

Suid-Afrika is ‘n juweel hier aan die suidpunt van die donker kontinent. Hier is skatte, skoonheid en bewerkte plase en goeie klimaat en baie potensiaal en daarby ‘n seeweg om die Kaap waaroor nie meer ophef gemaak word nie, maar van kritiese belang is as die midde-ooste ‘n kookpot word. Oosterlinge begeer dit en wil dit ten alle koste he. Zuma is die toegangsroete en hy is te koop…. verkoop. Hy is die eienaar danksy ons oulike grond wet… watter ramp!

Hans ·

Alle eer aan die Here,die gebede van duisende word beantwoord.Net Hy kan ons red en Hy sal as ons tot Hom keer.Hy het die damme vol gemaak so sal Hy ook ons ook versadig.Vandag buig en kniel ek voor ons God wat ons telke male red uit die hand van die bose.(1838)

Hans ·

Alle eer aan die Here,die gebede van duisende word beantwoord.Net Hy kan ons red en Hy sal as ons tot Hom keer.Hy het die damme vol gemaak so sal Hy ook ons ook versadig.Vandag buig en kniel ek voor ons God wat ons telke male red uit die hand van die bose.(1838).

Skim ·

Ek wil nie eintlik he ZUMA moet gaan nie, is dit net EK of besef julle nie as HY gaan en ‘n ‘goeie leier in die massas se oe’ word ingestem dat die ANC weer sterker gaan word en die twee derde meerderheid verkry nie. Die EFF is dan happy, DA is dan happy ACDP is dan happy, almal sal dan wil saamstaan met die ANC. EN onthou net die hoofdoel van die ANC is om LAND te onteien, dit is een van die goed waarvoor AL die ondersteuners wag, en dit gebeur nie vinnig genoeg nie, so kry hulle ‘n meer radikale leier (soos Malema) gaan die grondvergrype en ander onderdrukking net NOG vroeer gebeur. Juis is ZUMA daar om die ANC te verswak. Ons wat bekommerd is oor die ekonomie staak NIE oor dieselfde rede as die MASSAS nie, hulle staak omdat Zuma nie vinnig genoeg maak met grondeise en transformasie nie .. so julle pluk nou lekker ‘n lat vir julle eie STERT!

botterblommetjie ·

oëverblindery…. sielkundige oorlogvoering… verskuif die fokus…. Ek was al daardie tyd bekommerd oor Mbeki… nou weer Zuma… maklik om te sê verwyder hom, maar die werklikheid van die gevolg word nie opgevolg nie, maar aangeneem…. Daarom fokus ek op God, want die hele politiek is angswekkend en (on)voorspelbaar….

Mariëtte ·

Dis met kommentare soos hierbo wat aandui dat mense nie die erns van die saak insien nie. Niemand maar niemand is bereid om saam te staan om vir die land te veg nie. Almal wil van die kantlyn af staan en kyk hoe ander mense dit doen, en vanweë dit sal JZ bly waar hy is. In stede van optrede bly die mense net toeskouers en hoop maar iewers sal iets doen. Die tyd is nou mense….laat ons saamstaan vir ‘n slag ongeag kleur, ras of wat ookal…

AL ·

Elke arrogante, magtige man het nog altyd tot n val gekom. Dit noem mens die Wet van die Bybel.

My tweesent bydrae ·

Lyk my Zuma is besig om die land the verenig . Een sukses op sy getuigskrif .

Alida ·

Dit is die waarheid hy verenig die land ten koste van homself. St 3 kop het nie mooi gewerk nie. Die toesprake wat hy maak is geskryf en sukkel hy nog om dit te lees. Hy verstaan nie een enkele woord wat daar geskryf staan of die betekenis daarvan nie. Die Guptas het hom lekker gemesmeraai. Arme siel !!!

AL ·

Dit moet hom seker frustreer tot in die afgrond! Hy gebruik juis verdeeldheid om sy konkelwerk te doen!

Alida ·

Asseblief mense ons lesers skreeu voordurend SAAMSTAAN maar saamstaan beteken nie net blankes nie. Hierdie is ‘n tyd waar swart, wit, bruin al die kleure van die nasie moet verenig en hande vat en betoog hoe klein jou bydrae ookal is. Voor jou besigheid, kantoor of straathoeke. Vrydag is die dag wat ons ongeag kleur SAAMSTAAN. Dit is wat dit beteken. Tydens die wereld beker destyds het die nasie verenig wit en swart het mekaar omhels. Ek wil nooit weer hoor dat enige afrikaner se ons moet saamstaan nie. Staan Vrydag saam met die nasie ongeag kleur. Wys dat julle murg in julle pype het.

Peet J ·

Dit verbaas my dat die aktiviste alles wat verkeerd gaan in die land, volgens hulle sienswyse, voor die deur van die president lê. Die regering nl. die ANC wat die land regeer behoort aanspreeklik gehou te word.Om die president te wil uithaal deur middel van optogte is grootliks daarop gemik dat alle rasse moet saamstaan om demokrasie aan die buitelande te bewys.

Koekie ·

Nou moet hulle ook nog net besef dat die boer belangrik is om te sorg dat daardie brood en ander kos nie twee kruiwaens vol geld gaan kos nie.

foxi ·

Ek kan dit nie verstaan dat miljoene mense NIE van EEN persoon ontslae kan raak nie! Maar moordenaars kan honderde mense gemaklik vermoor!!!!!

AL ·

Foxie – dis omdat hy mense het wie hom beskerm! Hul beskerm met mag en mening hul eie soustrein kaartjie.

katryn ·

ai, in die middel van die grootste gemors en elke kommentaar hier bo sit ‘n glimlag op my gesig. Dis waarom ek van hou van ons mense. Mag ons land nog lank vir ons gespaar wees.

Marinda ·

Die wat hom nou daar wil uit hê het om in die eerste plek daar ingestem. ANC het hul blind gestaar vir sy foute en gedink blankes is rasisties vir die waarskuwings wat kan volg tot die land se ondergang. Die volgende ou wat gaan oorneem gaan maar net aangaan en verder vernietig waar Zuma opgehou het

AL ·

Teen hierdie tyd besef hul deeglik hul eie foute wat gemaak is. Ons almal het al die verkeerde mense vetrou wie ons gemanipuleer het.
Dit is egter goed dat hul opstaan teen die morele verval en korrupsie en magsmisbruik wat SA kelder.

Lucas ·

Eke ek denk of zuma ook denk ons is stupit. Ons ons weet ons kenders gaan swaarkry as die land hy het hom nie meer die geld nie. Ons moet nou almal saam baklei teen zuma sodat ons n beter president kan he.

ALTeken ·

Absoluut Lucas! Mense is te lui om te gaan stem, gebruik eerder verkiesingsdag as n vakansiedag en kla steen en been wanneer dinge verkeerd loop.
Verder kry jy die absolute pessimiste wat net kla en kerm, passief is en nie petisies onderteken nie.

STAAN BY ·

Hoekom hul hom nie uit sy pos verwyder kry nie vra almal,,,,, sien ons blankes weet min van hul geloof en kultuur af. glo my as ek die volgende vir jul vertel, en asb as iemand ook daarvan weet beaam wat ek sê want dit gaan klink soos ‘n ou mens storie. stamhoofde besluit sy lot, en sy gevolg moet luister, zuma ideaal is eintlik dat ‘n hof nie oor iemand se lot mag besluit nie, hy wou dat stamhoofde bymekaar kom en daaroor besluit. as jul dink eks laf,,,,,,, hoeveel vroue het hy? hoe lank kom daai kultuur. KOU DAAR AAN…………. VOORSPOED GROETE STAAN BY.

Ai ·

Moeg vir net ‘n gekla! Ek sal daar wees! Moenie net praat nie … doen vir ‘n slag. Vrydag is dalk ons enigste kans om saam te staan. Hou net op om altyd gal te braak … dit is darem iets wat ‘n mens kan doen.

Verstom ·

Ai, ek stem 100% saam met jou almal kan kwaai baklei op skrif, maar “put your money where your mouth is”, en gaan baklei sodat ons land terug geneem kan word. As ek enigsins nader aan een van die sentras was waar die rallies gehou word, was ek daar. Maak soos die Franse maak en bring jou trok en trailer en sper die verkeer af. As al die ANC lede wil saamstaan en nie skrik vir Zuma se dreigement oor afdanking as hulle nie saam met hom stem nie, sal hulle hom uit die sitplek lig, Ceril jy doen die land geen guns om aan te bly nie, “to serve the country” is beslis nie die hoof agenda nie, dis net om langer op die gravy train te ry.

m ·

Die grootste grap gaan wees as een van hierdie Guptas president word. Daar is seker lankal gesorg vir hulle id dokumente. Hou maar dop!!

pff ·

Jammer m, maar die guptas sal nog nie president kan word nie want hulle was nog nie korrup genoeg nie.

chrisp ·

Zuma is nie die alleen probleem nie. Die reenboog nasie is nie werkbaar nie bewyse le die wereld vol.

Bly weg van die optogte asb. Witmense gaan weer uitgesonder word soos dit gebeur op sosiale media. Nou gaan julle weer die radikale mense die geleentheid gee om die witman weer die gemeenskaplike vyand te maak.Dink mooi vir ‘n slag.Dink julle wat nou wil optog ,optog, werklik dat Zuma en die soos hy die nie ‘n rasse ding gaan maak nie. Zimbabwe is deur Mugabe tot in die grond vernietig omrede die blanke die MDC geborg en gedryf het. Zuma sal presies dieselfde doen. Los hierdie mense uit hulle baklei vir geen reg van die Afrikaner nie.Slegs vir hul agendas wat witmense uitsluit.

Hierdie hele “geveg”gaan oor geld en wie besit dus die RSA.Ek vra weer wat is die beleids verskille tussen al die partye wat nou wil optog hou?Bitter, bitter min indien enige.

Cora ·

Niemand gaan ons land kan red nie, ons moet op die woord van ons God terug gaan en doen wat Hy van ons vra, elke Suid Afrikaner, ongeag kleur, volk en taal, moet vergeet van opruk na waar ookal, hulle moet kerke gaan volmaak op hulle kniee en volgens Filippense 4 vers 6 doen wat God ons vra:
Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in ALLES deur gebed en smeking met DANKSEGGING bekend word by God.

VereenigSa ·

Die eenkeer wat die hele Land se mense kan saamstaan, kry jy nog die wat op die kantlyn staan en wil moan oor als wat verkeerd gaan in die, maar nie moeite doen om hul stem te laat hoor nie. In die vervolg voor jy kerm dink mooi aan Vrydag 7April 2017. Baie gaan op hulle kniee by die verskeie punte en hereenig on gebed, vat jou plakkaat en le jou gevoel daarop neer. Wit, bruin, swart, indian enige Sa Burger Staan Op Staan Saam en baklei bietjie terug. Dit is hoekom daar oor ons geloop word want as dit kom by SaamStaan trek almal dwars!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.