Vanderbijlpark al dae sonder krag

Talle inwoners van Vanderbijlpark in Gauteng sit sedert Maandagaand sonder krag nadat ʼn brand by die Munic-substasie uitgebreek het. (Argieffoto)

Talle inwoners van Vanderbijlpark in Gauteng sit sedert Maandagaand sonder krag nadat ʼn brand by die Munic-substasie uitgebreek het.

Volgens Gerda Senekal, raadslid van die Vryheidsfront Plus, het kabeldiefstal tot ʼn ernstige kortsluiting by dié substasie gelei wat ʼn brand tot gevolg gehad het.

Hoewel die munisipaliteit intussen daarin kon slaag om kragtoevoer na sommige dele van die dorp te herstel, is dit nie duidelik wanneer al die inwoners se ligte weer sal brand nie.

“Die 30 MVA-transformator wat in die proses beskadig is se vervangingskoste is sowat R10 miljoen.

“Dit is onduidelik wanneer kragtoevoer ten volle herstel sal wees omdat transformators nie bloot van die rak af gekoop kan word nie,” sê Senekal.

Sy sê die VF Plus is bekommerd dat die munisipaliteit se elektriese afdeling nie beskermingstelsels gereed het om skade te voorkom wanneer ʼn verhoogde stroom elektrisiteit deur ʼn substasie gevoer word nie.

“Dit is net nog ʼn voorbeeld van die wanadministrasie in die Emfuleni-munisipaliteit deur nie die nodige voorsorgmaatreëls te tref en noodsaaklike instandhouding te doen om Emfuleni se kragnetwerk te beskerm nie.”

Senekal sê voorts dat kabeldiefstal ʼn voortslepende probleem in die dorp is.

’n Leser wat verkies om anoniem te bly het ook aan Maroela Media gesê dat dele van die dorp tans ook nie water het nie. Dit is nie in dié stadium duidelik wat die oorsaak is nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kokerboom ·

Net 2 vrae:
1) Wanneer word kabeldiefstal tot sabotasie verklaar?
2) Waar is die onbevoegde hulpelose kader Minister verantwoordelik vir plaaslike owerheidsbestuur?

Tanniepetoors ·

Die huidige regering kan dit nie sabotasie noem nie, dis te naby aan terrorisme en dan krap jy tussen die leeu se maanhare rond.

Vicky ·

Daar sal nie water wees as daar nie krag is nie…hulle kan nie water pomp nie…
Ek het in Vanderbijpark groot geword (37jr),intussen verhuis KZN toe. Dis ñ skreiende skande dat daai dorp en die hele Vaaldriehoek so verval en vervuil het.

Piet parys ·

Welkom in Rsa hier kla mense nie oor diens want daar is nie n verantwoordelike persoon beskikbaar nie. Sorg dat jy jou belasting betaal en niks in ruil te verwag nie want dit is die regte ding om te doen . PIESANG REPUBLIEK

marisa ·

Dit gaan nie beter gaan nie want ons hele stadsraad se fat cats bly in Sandton nie in die hool nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.