VF Plus: ANC oorreageer oor Zelda la Grange

'n Skermskoot van La Grange se Twitter-profiel.

‘n Skermskoot van La Grange se Twitter-profiel.

La Grange het Saterdag onder meer getwiet sy is “siek daarvoor dat Zuma konstant elke paar maande wit mense aanval” en hy maak dit “duidelik dat wit mense nie welkom is in Suid-Afrika nie”.

Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het daarvolgens teen La Grange uitgevaar en haar as ʼn “bedorwe wit mens” bestempel.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie, het in ʼn verklaring gesê navorsing wys herhaaldelik dat die meeste van die land se inwoners bekommerd is oor die toekoms omdat armoede nie na behore aangespreek word nie. Hy het gesê Mantashe en die ANC haak vas in die verlede, en die skep van ʼn fiktiewe geskiedenis om wittes by te kom, dra niks by tot die oplossing van die land se probleme nie.

“Mantashe se obsessie om van ‘wit oorheersing’ ontslae te raak, is ʼn absolute mistasting aangesien wittes lank nie meer die land regeer nie en die ANC in beheer is van hoe die toekoms sal lyk,” het hy gesê. “Die vraag is of swart oorheersing dan die oplossing is volgens die ANC se argumente.”

Hy het gesê daar is twee kernprobleme in Suid-Afrika. Dit is die ekonomiese ontmagtiging vir die meeste swart mense en politieke ontmagtiging vir al die minderhede.

“Die oplossing is duidelik dat die minderhede en die swart meerderheid hande moet vat om die ekonomiese probleme op te los, en dit kan net gedoen word as minderhede toegelaat word om die mag op politieke vlak te deel.”

Volgens Alberts moet die debat gaan oor magsdeling en ekonomiese opheffing eerder as om mekaar met ʼn rassekwas te verf. “Indien ons dit nie gaan regkry nie, is die toekoms ongelukkig een wat al hoe meer verdelend gaan wees,” het hy bygevoeg.

Hy het voorts gesê soos die ANC se gewildheid afneem weens ʼn gebrek aan ekonomiese groei en sy onvermoë om armoede uit te wis, probeer die party toenemend op ʼn desperate wyse deur rassepolarisasie aan die mag vasklou.

Klik hier om vorige berigte oor die aangeleentheid te lees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Merinda ·

Niks verkeerd met wat sy oorspronklik getwiet het nie. Die feit dat sy onverskoning gevra het maak my siek.

Merinda ·

Niks verkeerd met wat sy oorspronklik getwiet het nie. Die feit dat sy omverskoning gevra het maak my siek.

pop ·

Ek stem saam jou Merinda. Ons het n ekskuus dat ons lewe wit minderheid geword. Hulle kry lekker as ons onsself so verneder.

Hendrik ·

Zelda kritiseer ANC, die VF+ kom op vir Zelda… Ek dink dit sneeu al twee dae lank in die hel.

Die enigste normale respons was dat Gwede haar ‘n rassis genoem het. Goeie ou ANC, mens weet altyd waar jy met hulle staan.

J.Z ·

Ek wonder wat was verkeert in haar twiet,waarvoor moet sy omverskooning vra?of is dit maar net druk van die nuwe ANC apartdheid wat nie die waarheid kan verdrae nie.Mantasha se vingerwysing na rassime moet n bietjie mooi na sy vingers kyk,sal dan sien een vinger wys voor toe maar drie wys terug na hom toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.