Beste tyd van my lewe- Vegas

Beste tyd van my leweDie meeste Afrikaanse albums wat deesdae uitgereik word, is op ‘n breë gehoor gemik, maar soms verskyn daar ‘n album wat onbeskaamd (of is dit skaamteloos?) op die jonger luisteraar gemik is.

Vegas se eerste album, Beste tyd van my lewe, is onlangs vrygestel en met die titelsnit kom jy al agter dat jy nie neutraal hieroor kan staan nie. Jy sal mal wees hieroor of dit sal jou walg. Dit gaan oor ‘n jong man se gesprek met sy meisie se pa. Op Superfritz sing Francois van Coke saam met hom, en dit is dalk die een snit wat ‘n treffer kan word.

Hoe minder daar van Gat in rat gesê word, hoe beter. Dit is dalk die heel swakste Afrikaanse liedjie van die jaar. Die volgende snit, Te jonk, is nie veel beter nie; dit het nie veel om die lyf nie en sal nie juis by ‘n groot gehoor byval vind nie. Gooi, waarop Pierre Greeff van Die Heuwels fantasties saam met hom sing, het ‘n lekker reggae-ritme, en is dalk een vandie beter snitte vanaf die album. Troebadoer het ook nie juis veel musikale meriete nie; dit gaan oor ‘n sanger wie se lewe deur drank en sigarette verwoes is. Doedie sal bekend wees vir dié wat die versameling Treffer na treffer Volume 6 besit. Dit is nie ‘n slegte snit nie; dalk een van die min snitte op die album waarna ‘n mens kan luister. Baie min jongmense sal die woord “doedie” ken; dit is ‘n outydse woord vir meisie. Dit is ook beter om geen kommentaar op die lirieke van Bruingebrande bene te lewer nie. Danielle Hitchcock sing Seksueel surreal saam met hom, maar weer eens kan ‘n mens niks goeds daarvan sê nie. Ama get down se lirieke is in Engels en Afrikaans en weer eens is daar bitter min sprake van musikale meriete. Jack Parow kan op Groeipyne gehoor word, en dis snaams dat daar geen vloekwoorde op hiedie snit voorkom nie. Koers na die noorde is nie ‘n slegte snit nie, maar dit sê eintlik nie veel nie. Dieselfde geld Jongensfontein, waarop Duimpie se maat gehoor kan word.

Die titel van hierdie album is uiters misleidend, want jy gaan beslis nie die beste tyd van jou lewe hê as jy hierna luister nie. Inteendel; dit is dalk die heel swakste Afrikaanse album wat vanjaar uitgereik is. Daar is min indien enige snitte wat hoegenaamd lugtyd verdien en selfs die jonger luisteraarsm op die dit gemik is, sal gou agterkom dat daar baie beter musiek as dit op die mark is. Nee dankie; hierdie album gaan SUMMIER dertiende lêer toe!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Daantjie jy weet nie waarvan jy praat nie, gan terug in jou grot en luister die afrikaanse musiek wat mens skaam maak om afrikaans te wees.

Die album is lekker musiek het dit baie geniet speel dit die hele vakansie en het baie mense se opinies langs die pad gevra almal hou daarvan.

Jy moet defnitief nie albums “review” nie jou musiek smaak is bollie!

Johan ·

Daantjie jy weet nie waarvan jy praat nie, gan terug in jou grot en luister die afrikaanse musiek wat mens skaam maak om afrikaans te wees.
Die album is lekker musiek het dit baie geniet speel dit die hele vakansie en het baie mense se opinies langs die pad gevra almal hou daar van..
Jy moet defnitief nie albums “review” nie jou musiek smaak is bollie!

Hennie ·

Ek stem saam met Johan, daantjie dinamiet moet nie musiek beoordeel nie!

Hy moet maar sy Bobby van Jaarsveld en DJ ossewae Snert op ander plek gan luister. VEGAS is die toekoms van Afrikaanse dans musiek!

Jy het duidellik iets teen Vegas in die album review dat jy so Negetief daarvan praat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.