Beweerde verkoop van SA se oliereserwes onwettig

Argieffoto

Argieffoto

Die Strategiese Energiefonds (SEF) het glo sonder die medewete van die nasionale tesourie sowat 10 miljoen vate ru-olie in ʼn geslote transaksie teen ʼn ‘baie lae prys’ verkoop.

Volgens Business Day Live het die SEF met net die goedkeuring van die minister van energie, Joemat-Pettersson, die ru-olie teen $280 miljoen verkoop. Dit laat die land glo met net sowat 300 000 vate wat nie eens genoeg reserwe vir ʼn enkele dag is nie. Die SEF is glo verplig om ʼn reserwe vir ten minste 20 dae te hou.

Pieter van Dalen, DA-LP, het gesê die verkope oortree artikel 54 (2d) van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur waarvolgens enige staatsentiteit skriftelike toestemming van die tesourie moet bekom voor ʼn noemenswaardige bate verkoop word.

Hy het gesê sy party sal die ouditeur-generaal versoek om die transaksie te ondersoek.

Van Dalen het gesê sy party sal die tesourie aanmoedig om die SEF strafregtelik aan te kla, nadat die olie vir ongeveer $28 per vaatjie verkoop is, terwyl die huidige prys $48 per vaatjie beloop.

“Enige vorm van ʼn petroltekort sal ons wisselkoers laat tuimel en tot verdere werksverliese ly,” het Van Dalen bygevoeg. “Ons kan nie toelaat dat dit ʼn tweede keer gebeur nie, ná die wisselkoers ʼn knou gekry het toe die minister van finansies onverwags in 2015 afgedank is.”

Die Vryheidsfront Plus het gesê die beweerde verkoop van feitlik al Suid-Afrika se oliereserwes sou totaal onwettig en uiters roekeloos wees. Die party het die openbare beskermer versoek om die beweringe sonder verwyl te ondersoek.

Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, het gesê sy party het die OB gevra om die wettigheid van die verkoopproses sonder ʼn oop tender en sonder om die tesourie te ken soos vereis deur die Wet op Openbare Finansiële Bestuur te ondersoek. Die party versoek die OB om ook die rasionaliteit van die besluit om die oliereserwes teen ʼn baie lae prys te verkoop asook die hoeveelheid wat verkoop is, te ondersoek.

Die VF Plus rig ook ʼn PAIA-aansoek aan die minister en die SEF om volle openbaarmaking te gee rakende die verkooptransaksies, en veral wie daarby betrokke is.

“Nie net is Suid-Afrika op die drumpel van ʼn krediet-afgradering weens die Zuma-kamp se stryd om toegang tot die tesourie en die land se beursie te kry nie, maar dit blyk dat die batestroping van die res van die land se bates onverpoosd voortduur onder ʼn korrupte ANC-regering,” het Alberts bygevoeg. “Dit is daarom van die grootste belang dat die transaksies van die SEF tot op die been oopgevlek word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Knapie ·

Ek verbeel my ons was eens op n tyd vertel dat ons moet n bykomende heffing betaal op brandstof om voorsiening te maak vir reserves?

Ons was gepaai dat die sogenaamde reserves die skommelings in die brandstofprys sou verminder het.

Lui dit n klokkie by enige iemand?

Johann ·

En die probleem is? Wat gaan gebeur nou dat die feite algemene kennis is? Nog n ANC onbekwame magsbehepte verwoester van stelsels en sisteme wat ons welstand moet bewaar!!! Sy gaan soos in haar vorige portefeulje aanjaag en wegkom daarmee EN beloon word…as sy haarself nie beloon nie. Mors van tyd en asem….

Asjas ·

Ek vermoed sy het haarself reeds met die transaksie beloon, om nie te praat van die beloning wat sy haarself gaan toe-eien wanneer sy ONS olie terug koop teen ‘n bargain prys (dubbel)!

Tiger ·

Joemat-Pettersson hoort toegesluit te word saam met al die ander wat iets met die verkoop van die ru olie te doen het.Mens kan mos nie iets SO stategies sso jou land se nood brandstof vooraad gaan staan en smous nie .Om nie van die belaglike prys wat gevra is te praat nie!Ons gaan so gou moontlik vir ons ons eie vooraad diesel op bou vir die groot moeilikheid wat beslis om die draai is! Wat sal die simpel anc comrades nog aanvang?

Vaalseun ·

Volg die geldspoor, broers. Die ANC kan nie bekostig om setels in die verkiesing te verloor nie, so, baie hande moet geolie word om seker te maak die verkiesingsuitslag is goed in hulle guns. Die lae verkoopprys veroorsaak ‘n groot wins uit die verkoopprys en bring ‘n uiters noodsaaklike meevallertjie terug in die ANC se koffers. Wanneer skaf ons BTW af? Barend het dit net nodig gehad vir die Grensoorlog.

Chris Ws ·

Sluit al die betrokkenes toe en gooi die sleutels weg!En gaar vir jou ‘n vooraad brandstof op solank.Bly net binne die munisipale regulasies EN die wet betreffende die opgaarding van brandstowwe .Hier kom ‘n “modderstorm” – ( met ‘n klankie by!)

CL ·

Wie was die joernalis wat verlede jaar geskryf het die ANC moet nie onderskat word nie. Hulle werk blykbaar doelgerig aan ‘n plan. Hy het verwys na SAKP lede in die bestuur. Is hierdie plundery in SA deel daarvan en wat is die plunderaars se plan wanneer alles gedaan is? Waar laat dit die res van ons dan?

humor ·

Die damwal word oral oorstroom sodat dit onmoontlik is om by te bly met walgooi.

GJ de C K ·

Daar is ‘n delegasie raamwerk vir betalings waarvolgens betalings in die transaksie-sisteem beheer word. Dit is dus nie moontlik om so ‘n transaksie sonder al die bevoegde partye in die betrokke delegasie raamwerk se goedkeuring te vervul nie. Die opposisie partye se verwoording van sake wek die indruk dat die Nasionale Tesourie bo verdenking is. Kan dit wees dat die hele vis vrot is van kop tot stert maar “ons” glo die maag is nog vars?

Daan Erasmus ·

Die vraag is: Aan watter GUPTA is dit verkoop. Hulle en Duduzane Zuma

Asjas ·

Of is dit net eenvoudig verkoop OM BY DIE GUPTAS TE KAN KOOP?

Rip van Winkel ·

hulle moes “iets” van wat oorbly verkoop al is dit @ ‘n verlies, want die oorspronklike onbekende voorraad is bes moontlik gesteel en verniet weggegee….

christine ·

Hier gebeur dit weer nes ou man voorspel het. “Karre staan op die bulte want hier sal nie meer brandstof wees nie. As ons hom wil konfroteer het hy lankal gevlug seker in nuwe straler.

Johann Marx ·

As daar ‘n transaksie was, en daar is betaling gemaak….dan behoort die artikel tog te sê aan WIE dit verkoop is?

Joann ·

Joemat is n dame wat haar verbeel sy ken en weet van,maar sy is net soos haar president. Sy is so arogant en dink sy is n lady. Ja n lady met belasting betalers se geld.

Anti-Haas ·

Olie kos $48 en sy verkoop teen $28 per vat??????
Nog ‘n ongeskoolde in mags posisie wat nie somme kan doen nie…….

Flintstone ·

Nog ‘n stukkie legkaart bygevoeg in die kultuurmuur.

Asjas ·

Besef die ANC bewonderaars dat hulle ook hierdeur geraak gaan word. Taxi’s gaan staan. No work, no pay. En aangesien mense die ding afbrand wat hulle kwaad gemaak het, gaan die Taxis brand, of die Petrol Stasies?? Maar Nkandla gaan bly staan …

My bydrae ·

En so moet ons die las dra vir hoër prandstifpryse. Verhogings in voedsel, vervoer ens terwyl sy lekker leef op die salaris waarmee die minderheidsgroep se belastingbetalers haar en haar mede kabinetslede betaal. Sommige ministers misbruik hul “magte”. Wat ‘n skande vir haar (hulke) party en haar (hulle) land.

Theuns ·

Vat die papierspoor. Dit is absoluut veregaande! Joegmat Patterson se bates moet gekonfiskeer word. Nog # Pay back the money misdaad!! Bring terug die Skerpijoene.

BEPLANNING EN DEURSIGTIGHEID ·

Waar is die besigheidsbeplanning ten opsigte van strategiese aspekte. So besig met die R300m plaasalike owerheid, die afbrand van skole, treinwaens, geboue ensovoorts. Hierdie is anargistiese optredes wat weer reggestel moet word teen heersende kostes. Landsbestuur is op die verkeerde pad.

Francois le Cochon ·

News24 berig dat hierdie olie nogsteeds gestoor word in SEF tenks, en dat die SEF “eerste” opsie het om dit terug te koop.
Moontlikheid dus: ‘n Zuma familie lid koop hierdie olie vir $28 per vat, moontlik op krediet, neem dit nie in ontvangs nie, en verkoop dit later terug aan die SEF vir $50 per vat. Die olie het dus nooit die bergplek verlaat nie. R8.6 miljard wins. LEKKER MAN, LEKKER.

Tammy ·

Francois jy slaan die spyker op sy kop. Die besluitnemer van hierdie transaksie moet onmiddelik tronk toe en hy moet daar bly tot die ondersoek afgehandel is. Al sou dit 10 jaar neem. Dis omdat niemand teen die ministers optree nie, dat die land in totale gemors gedompel is. Dit sal 50 jaar neem om uit al hierdie bedrog weer voete te vind met n nuwe regering. Ek sien nie meer die son vir hierdie land skyn nie. Die mense wat se ek dink negatief, julle loop met oogklappe rond.

Topster ·

Francois dit maak nogal sin hulle verkoop terug teen n wins en sie daar is die geld om die nkandla debakel afgehandel te kry die bedrag wat hy sal moet terug betaal of brandstof skiet die hoogte in en ons burgers betaal dan dus so terug vir die nkandla debakel Baie uitgeslape kerel daai Nr1 hy het seker sy matras ook al verkoop so uitgeslape is hy

alida ·

Wys my tog asb net EEN wettige transaksie in SA waar daar nie ‘n stelery betrokke is nie.

tamboti ·

JA nog ‘n rekord in SA se visier, mees korrupte land ter wereld, hoogste per kapita korrupsie syfer, meeste korrupte staatsamptenare, president met die meeste korrrupsie aanklagte (suksesvol ontdyk) en sommer ook die flouste verskonings daarvoor ook.
Kortliks ANC = African National Corruption

christine ·

Stroop lands bates was die geld mooi wit In die kiettie in. Slimskelms

tamboti ·

$280 Milj = +/- R 4 000 milj. : net genoeg vir die pres. se nuwe vliegtuig!!!
Joemat-Patterson is baie lojaal aan Zuma, hy aan haar en ANC eerste ; SA = melkoei en sagte teiken.

Paplepel ·

Het iemand al gaan kyk of daar nie dalk aan ons goudreserwes ook geplunder was nie? Wie is daar in beheer?

Theuns ·

Wat se Pravin Gordan en die DA/EFF/VP+ en ander partye hiervan? Ons weet wragtig nie meer waar om te keer nie. Dit raak nou so erg dit is arrogant en dwaas om enige gewone burger aantekla vir korupsie en ander misdade! Die leiers wat ‘n voorbeeld moet stel is die Voorbokke! Wat is dit wat ons mense weerhou om belasting te betaal? Dit is die belasting betalers se geld wat gesteel word. Gaan Oorlog die enigste uitweg wees?

andre ·

Dit is nie die eerste keer.
Ek onthou daar was in die laat negentigs ook so geval…

Jos ·

Nr.1 leer by sy buurland maatjie hoe dit gedoen moet word. Kyk na Zimbabwe dan sien julle waarheen ons op pad is. Die land en sy mense, swart, wit, bruin of pienk is van geen belang vir die ANC kader nie, hulle is magsbehep en om mag te behou het hulle geldbronne nodig. Lady Tina het nie hierdie op eie houtjie gedoen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.