Goeie nuus: Nóg ʼn kans om jou koelste ouma in te skryf, en jy kan vir haar stem!

Argieffoto

Argieffoto

Goeie nuus: die sluitingsdatum van Maroela Media se kompetisie in die soeke na die koelste ouma, is verleng!

As deel van die viering van Vrouemaand in Augustus het Maroela Media besluit om die koelste ouma aan te wys! Vyf oumas staan die kans om elk ʼn geskenkbewys van R250 by ʼn skoonheidsalon te wen vir enige behandeling.

Sluitingsdatum verleng

Die sluitingsdatum was aanvanklik môreaand, en ons sou die wenners op 28 Augustus aanwys. Die inskrywings het egter ingestroom en ons het besluit om die sluitingsdatum te verleng na 30 Augustus 2015. Jy het dus nog tot Sondagaand om 23:59 kans om jou ouma vir dié opwindende kompetisie in te skryf.

Kom kyk solank hier na die inskrywings wat ons reeds ontvang het.

Stem vir die koelste ouma

Van 1 September 2015 – 6 September 2015 kan jy dan kom stem vir die koelste ouma! Jy gaan vir enige van die deelnemers kan stem en die vyf oumas met die meeste stemme, gaan die heerlike bederfprys ontvang!

Só skryf jy in

Stuur vir ons ʼn foto van jou ouma en vertel vir ons in 150 woorde waarom sy die prys moet wen, en waarom sy – in jou oë – die koelste ouma ooit is. Stuur jou inskrywing na [email protected] met “Koelste ouma” in die onderwerpveld.

Klik hier om die bepalings en voorwaardes van die kompetisie te lees.

Lekker, Maroela!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Ek is seker daardie argieffoto se rolskaatser se rollers is vasgelym aan die padoppervlakte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.