ʼn Vrou is Saterdagoggend op die R603 in Eston, KwaZulu-Natal, dood, toe ʼn trekker oor haar gery het.
“Paramedici is omstreeks 05:50 na die toneel naby die Vans-diensstasie ontbied ná die voetganger raakgery is,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die vrou het onder die wiele van die trekker beland. Sy het ongelukkig beswyk aan die beserings wat sy opgedoen het.”
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Owerhede stel ondersoek in.
Waarom is daar nog trekkers sonder beskermende dakkies? Of was die vrou op die grond en het iemand haar dalk raakgery?
John, lees die berig…..die vrou was ‘n VOETGANGER, dus het sy per voet in/oor die pad geloop….
Hahahaha jaaaaa swaer
Hoe op aarde gebeur dit? Of is dit ‘n geval van “stupidy rules”?
Soos gewoonlik SPOED
Agge nee Pot. Jy sit jouself mis. Spoed? Met n trekker? Dalk drank ja.