[Video] Wêreld-klavierdag word op Tafelberg gevier

Foto: Facebook/ Ian Burgess-Simpson Pianos

Wêreldklavierdag word vandag op ʼn baie spesiale manier gevier.

Die Tafelberg-kabelkar sal in samewerking met Ian Burgess-Simpson Pianos vandag verskeie bekende pianiste op Tafelberg verwelkom. Dié pianiste sal tussen 10:00 en 16:00 op ʼn Shigeru Kawai-vleuelklavier op Tafelberg speel.

Pianiste soos Charl Du Plessis, Rocco de Villiers, Bokani Dyer Reolon, Coila Enderstein, Jill Richards en Elna van der Merwe sal as gaskunstenaars optree.

Die klavier moes spesiaal aangery, opgeslaan en ingestel word op Tafelberg – iets wat nog nie vantevore gedoen is nie.

“Wat ʼn wonderlike dag! Wie sal ooit kon raai dat ons ʼn klavier sal moet instel op Tafelberg,” is die inskrywing op Ian Burgess-Simpson Pianos se Facebook-blad.

The opening of piano day on @tablemountainca

Posted by Ian Burgess-Simpson Pianos on Wednesday, March 29, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Karin ·

Wat ‘n wonderlike inisiatief! Wens ek kon daar wees. Laat dadelik my Kaapse familie weet, my kleindogter speel klavier, sy sal baie belangstel. Ek hoop ons sien iets daarvan op die nuus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.