Alles vir Maandag 31 Oktober 2011

Vonkpos of vonke wat spat?

Onder die omstandighede is dit maklik om te verstaan waarom iemand met die eerste oogopslag kan dink die sensus gaan oor nog maniere vir die staat om sy burgers te benadeel en dat Julius Malema se oproep tot ʼn opmars, ʼn oproep tot oorlog kan wees. Dit is dan juis waar die misverstande moet eindig. By die eerste oogopslag. Dit mag nie na ʼn tweede oogknip nog geloofwaardig wees nie, want mense moet weer ʼn slag rasioneel begin dink.