Skubaduikers het Maandag vier van die vyf lyke wat verlede week in die wrak van die Costa Concordia opgespoor is, uitgeduik, het reddingsbeamptes in Italië gesê.
Lees meerAlles vir Maandag 26 Maart 2012
Moontlike ooggetuies in Dewani-moord
ʼn Britse joernalis beweer dat ʼn geheimsinnige paartjie moontlik oor noodsaaklike bewyse beskik in die saak teen die vermeende wittebroodsmoordenaar, Shrien Dewani, het EWN berig.
BMW herroep 1,3 miljoen voertuie
BMW het Maandag aangekondig dat hulle sowat 1,3 miljoen voertuie wêreldwyd herroep, het EWN berig.
DNS bevestig oorskot is die van vermiste polisievrou
DNS-toetse het bevestig dat die menslike oorskot wat verlede week by ʼn huis in Temba naby Hammanskraal, noord van Pretoria, gevind is, dié van ʼn polisievrou is wat in 2004 vermis geraak het
DA-jeug stel nuwe plakkaat bekend
Die DA-jeug het Maandag sy nuwe plakkaat bekendgestel terwyl hy ʼn sitstaking gehou het by Konstitusie-heuwel in Johannesburg.
TV-aanbieder se neef glo gekaap, dood gevind
ʼn Aanbieder van die aktualiteitsprogram, Carte Blanche, se neef het glo vroeg Sondagoggend uit ʼn bewegende motor gespring en gesterf nadat hy glo gekaap is.
Man sterf halssnoermoord
ʼn Man het ʼn halssnoermoord gesterf in Khayelitsha, het die Wes-Kaapse polisie Maandag gesê.
Philander se sprokiesverhaal duur voort
Die Proteas-naatbouler, Vernon Philander, het die eerste krieketspeler in meer as 100 jaar geword om 50 paaltjies in net sewe toetse plat te trek.
Rugby: Gemengde welslae
Polla Roux gee ‘n oorsig oor die afgelope naweek se rugby.
Afrikaans: wat is die probleem, wat is die antwoord?
Daar is twee bepalende vrae wanneer ons die meen dat ons iets vir Afrikaans doen: wat is die probleem; en hoe gaan ons dit oplos?
Daarom nooi Maroela Media se Die Groot Debat verteenwoordigers van ʼn verskeidenheid Afrikaanse belange-organisasies om hierdie twee vrae aan te raak. Die gespreksreeks heet Probleme en Oplossings vir Afrikaans. ‘n Ope uitnodiging is aan verskillende organisasies gestuur en bydraes word tans ingewag.
Ongehoorsaam skryfreëls
Dié 24 Afrikaanse taalreëls laat selfs veterane struikel. Kyk na die misbruik – en hou koers!
Nuuskommentaar: Boemerang die looi van Zuma al weer?
Uiteenlopende standpunte oor die impak van die DA se onlangse geslaagde appèlhofaksie wat pres. Jacob Zuma se kierantjies kan laat braai.
Rugbyspeler verdrink, 5 vermis ná see 21 gryp
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het sy meegevoel betuig aan die Motherwell Rugbyklub nadat een van sy spelers verdrink het en vyf spanmaats vermis word nadat hulle Sondag deur ʼn sleurstroom die diepsee ingetrek is by Blouwaterbaai in Port Elizabeth.
Man toets polisie se reaksietyd met bomdreigement
ʼn Man is Sondag in Woodstock in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat hy die polisie geskakel en gesê het daar is ʼn bom buite die polisiestasie.
Sewe vermeende misdadigers doodgeskiet
Sewe vermeende misdadigers is in Inanda, KwaZulu-Natal, deur die polisie doodgeskiet.