Die matriekeksamen van 2012 is as regverdig, geldig en geloofwaardig verklaar.
Alles vir die maand Desember 2012
Lonmin-baas bedank
Ian Farmer, hoof uitvoerende beampte van die mynmaatskappy Lonmin, het bedank.
Vuurwapen opgespoor wat 10 jaar gelede gesteel is
Die polisie in die Oos-Kaap het ‘n man in hegtenis geneem wat met ‘n gesteelde vuurwapen betrap is.
Polisiekaptein roof glo in uniform
‘n Polisiekaptein wat glo in volle uniform aan ‘n sakeroof in Sunnyside in Pretoria deelgeneem het, is in hegtenis geneem.
Malema wil gewerf word
Julius Malema, geskorste ANC-jeugligaleier, het gesê politici kan nou sy guns probeer wen.
Zuma vra nasionale reinigingseremonie
President Jacob Zuma versoek ‘n nasionale reinigingseremonie om die land se “morele waardes” te herstel.
Drie vas oor plaasaanval
Twee mans en ‘n vrou is vir die aanranding en roof van Jacobus Petrus Botha, ‘n bejaarde boer van Arlington, Vrystaat, in hegtenis geneem.
Tiener sterf toe hy by krans afval
‘n Tiener is dood nadat hy van ‘n krans in die Helderberg-natuurreservaat in Somerset-Wes geval het.
Nuuskommentaar: Van Zuma, honde en kultuur
Terwyl daar geen universele swart kultuur is, soos poligamie en eenvormige taal nie, het bitter min van die verrigtinge tydens Zuma se toespraak met enige swart kultuur verband gehou.
‘Haar oom het haar hoor skree’
‘n Man wat glo ‘n 12-jarige dogter in Johannesburg verkrag het, is in hegtenis geneem.
Nuwe naam vir Soccer City
Eerste Nasionale Bank (FNB) het Donderdag bevestig hy het ingestem om sy naamgewing- en aanwysingsbordregte vir die FNB-stadion tydens die Africa Cup of Nations (Afcon)-toernooi op te gee.
Twee opgemerk ná treindrywer se moord
Getuies sê hulle het gesien hoe twee mans ‘n treinspoor oorsteek net nadat treindrywer JP du Plessis Dinsdag met ‘n skerp voorwerp in Pretoria doodgesteek is.
Polisielid skiet meisie, pleeg selfmoord
‘n Polisiebeampte in Noordwes het glo sy meisie doodgeskiet en toe selfmoord gepleeg.
Swaziland ontken miniromp-verbod
Swaziland verbied nie minirompe nie, het dié land se regering Donderdag gesê.
Petrolprys daal in Januarie
Die petrolprys sal aan die begin van Januarie daal.
‘Muldersdrift’-bende in die hof
Twee mans van ‘n bende wat aan ‘n reeks gewelddadige misdade insluitend moord en roof verbind kan word, het Donderdag in die Krugersdorpse landdroshof verskyn.
Ontvoerde man word steeds vermis
‘n Gebruiktemotorhandelaar wat vroeër die maand in Belgravia, Johannesburg ontvoer is, word steeds vermis.
Hoë padsterftesyfer vir Desember
‘n Totaal van 1 068 mense is sedert die begin van die maand regoor die land op paaie dood.
Man sterf ná hy 28 rou eiers eet
‘n Man van Tunisië is dood nadat hy 28 rou eiers vir ‘n weddenskap geëet het.
‘Dronk, bedwelmde’ seun van verdrinking gered
Waylin de Vos (15) van Tafelbaai is Woensdag van verdrinking gered.