Die Cheetahs het die Kings met 26-12 kaf gedraf op Vodacom Park in Bloemfontein, maar nie die allerbelangrike bonuspunt vir vier drieë verseker nie. Die rustydtelling was 15-9.
Lees meerAlles vir Saterdag 27 April 2013
Bulls seëvier in Loftus-riller
Die Waratahs kon die Bulls nog nie in die laaste 12 jaar klop nie en hoewel hulle met tye sterk gelyk het, was die Bulls se voorspelers en verdediging bloot te fors vir die Aussies.
Man vas na skietery van ANC-lede
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat drie ANC-lede in Umtshezi in KwaZulu-Natal geskiet het.
Twee sterf in Vrystaat-botsing
Twee mense is dood en een persoon is beseer na ʼn motor en ʼn vragmotor Saterdag op die N3 buite Warden in die Vrystaat gebots het.
Duisende bymekaar in Pta vir Vryheidsdagvieringe
Duisende mense het Saterdagoggend op die gras voor die Uniegebou in Pretoria bymekaargekom vir die amptelike viering van Vryheidsdag.
Video: Vyf SA’ners doen aansoek om op Mars te bly
Uit die 35 000 aansoeke wat reeds ontvang is vir die Mars One-projek, waarmee beoog word om die eerste menslike kolonie op die Rooi Planeet te vestig, was slegs vyf van Suid-Afrika.
Sharks ‘n wen en bonuspunt ontsê
Die Chiefs het nes in die 2012 Super15-eindstryd 37 punte teen die Sharks aangeteken, maar hierdie keer was die Sharks ongelukkig om nie te gewen het nie.
Dag 3: Solidariteit vs die DKD
ʼn Opsomming van die derde dag, 26 April, se hofgebeure in Solidariteit se regstellendeaksiesaak teen die departement van korrektiewe dienste (DKD).
Boer tronk toe na hy Boeremaglede versteek
Jaco Bogaards (53), ‘n boer van Modimolle in Limpopo, is gister in die streekhof tot effektief drie jaar tronkstraf gevonnis na hy twee vermeende Boeremaglede op sy plaas versteek het.
Vermiste visserman het vermoedelik verdrink
ʼn Kaapse visserman wat vermis word nadat hy Vrydag van ʼn kreefboot naby Kaappunt Natuurreservaat oorboord geval het, het vermoedelik verdrink.
Ma, kinders vas oor moordkomplot
ʼn 62-jarige vrou en haar twee kinders is in hegtenis geneem naby Witbank in Mpumalanga vir ʼn beweerde komplot om haar man te vermoor.