Vyf mense is beseer ná ‘n gasontploffing by ‘n restaurant in die Blue Route-winkelsentrum in Kaapstad.
Lees meerAlles vir Saterdag 9 November 2013
Meisie sterf in botsing, ouers ernstig beseer
ʼn Man en ʼn jong meisie is dood en drie mense beseer nadat twee voertuie Saterdag reg van voor gebots het naby Lenasia.
Ministers: ‘OB onredelik’
Thuli Madonsela, die openbare beskemer, het onredelik opgetree toe sy besluit het om om haar voorlopige verslag oor opgraderings aan president Jacob Zuma se Nkandla-woning vry te stel sonder om kommentaar te kry van die ministers in die veiligheidsgroepering.
Registrasiepunte in Bekkersdal gesluit weens geweld
Sewe kiesersregistrasiepunte is Saterdag in Bekkersdal aan die Wes-Rand gesluit nadat geweld weer daar uitgebreek het.
Vingerfout vertraag droogtehulp
ʼn Vingerfout het tot gevolg dat droogtehulpgeld vir boere in Noordwes nog nie betaal is nie, berig Beeld.
Mnr. en Mej. Suid-Afrika is verloof
Melinda Bam, voormalige Mej. Suid-Afrika, se kêrel Adriaan Bergh, voormalige Mnr. Suid-Afrika, het haar die jawoord gevra in Dubai.
Nóg ‘n video van Overkruin-leerlinge wat baklei
ʼn Tweede video het aan die lig gekom van twee skoolmeisies van die Hoërskool Overkruin wat mekaar met die vuiste bydam, berig Beeld.
Geloftevolk-leier skuldig oor wapens
André Visagie, leier van die Geloftevolk Republikeine, is in die Kimberley-landdroshof skuldig bevind aan die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, berig Beeld.
Selfmoord-pa en seun in hof
Die pa en seun wat verlede maand in hegtenis geneem is nadat hulle personeel by ʼn apteek in Port Elizabeth gyselaar gehou het en vir hulp gevra het om selfmoord te pleeg, het Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.
Regering hof toe oor Nkandla-verslag
Regeringsdepartemente in die veiligheidsgroepering se hofaansoek om Thuli Madonsela, openbare beskermer, te keer om haar verslag oor opgraderings aan president Jacob Zuma se Nkandla-woning bekend te maak, word Vrydag aangehoor.
Gedagte vir die dag: Die wingerdstok – gesnoei deur die Woord van God
John 15:1-4: “Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af;…