ʼn Vrou het byna haar been verloor toe twee bote Sondag op die Kromrivier in St Francisbaai gebots het.
Lees meerAlles vir Sondag 22 Desember 2013
Man sterf na motorfiets boom tref
ʼn Motorfietsryer is dood nadat hy met sy motorfiets teen ʼn boom vasgery het in Randburg, noordwes van Johannesburg.
Malema vier ure laat vir funksie
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), was Saterdagaand vier ure laat vir ʼn fondsinsamelingsgeleentheid in Nelspruit maar is nogtans onder luide toejuiging verwelkom.
Jong man sterf na motor rol
ʼn 20-jarige man is dood nadat sy motor gerol en hy gedeeltelik onder die motor vasgepen is in Rynsoord, Benoni aan die Oos-Rand.
14-jarige verkragter wil grondwethof nader oor seksregister
ʼn 14-jarige verkragter gaan die konstitusionele hof nader om te probeer keer dat sy naam in die register vir seksuele oortreders opgeneem word, berig die Sunday Independent.
Mosambiekse vlieënier het vliegtuig “met opset” laat val
Die kaptein van die Mosambiekse passasiersvliegtuig wat verlede maand in Namibië neergestort en die dood van 33 mense veroorsaak het, het ʼn “duidelike bedoeling” gehad om die vliegtuig te laat neerstort.
Sanral: ‘Om nie tolgeld te betaal nie is onwettig’
Om nie tolgelde te betaal nie is teen die wet, ongeag of daar ʼn faktuur uitgereik is of nie, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) Sondag gesê.
EFF: ‘Zuma ʼn kulturele chauvinis’
President Jacob Zuma is ʼn kulturele chauvinis wat dink vroue moet onderdanig wees aan mans en nie as gelykes behandel moet word nie, het die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Sondag gesê.
Agt sterf in gru-ongeluk
ʼn Vier maande oue baba en sewe ander mense is dood na ʼn botsing op die R103 buite Ladysmith in KwaZulu-Natal.
Geluk by die ongeluk vir Boston-slagoffer
James Costello het ernstige brandwonde opgedoen tydens die Boston-marathon-bomaanval in April vanjaar waarin drie mense dood en meer as 170 gewond is.
Twee dood, twee beseer in Springs-ongeluk
Twee mans is dood en twee ernstig beseer nadat die bakkie waarin hulle gery het Saterdagaand in Springs aan die Oos-Rand omgeslaan en gerol het.
Musikant-skietery: Polisiebeamptes aangekla
Twee polisiebeamptes gaan van poging tot moord aangekla word in verband met die skietery op die musikant Khuli Chana.
Man vas na moord op 3-jarige
ʼn 30-jarige man is in hegtenis geneem na die moord op ʼn driejarige meisie in Uitenhage in die Oos-Kaap.
Gedagte vir die dag: God ken jou
Psalm 139:1-3 – Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes…