ʼn Man is Saterdagoggend in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn motor met ʼn knopkierie beskadig het tydens ʼn betoging in Noordwes.
Lees meerAlles vir Saterdag 1 Februarie 2014
Pippie-fonds nie langer ondersoek nie
Die Valke het bekend gemaak dat hy nie langer gaan ondersoek instel na bewerings dat geld wat vir die maatskappy Pippie se Gesiggie ingesamel is, misbruik is nie.
Man dryf glo 16 maande in Stille Oseaan rond
ʼn Meksikaanse man beweer hy het vir 16 maande in die Stille Oseaan rondgedryf.
Beloning uitgeloof vir vermiste vlieënier
Die familie van Cliff Pike het ʼn beloning uitgeloof aan enigiemand wat hul kan bystaan in die soektog na hom nadat sy vliegtuig Woensdag onderweg van Port Alfred na Port Elizabeth vermis geraak het.
Slim ID-kaarte reeds vir sommiges beskikbaar
Slimkaart-identiteitsdokumente, wat die groen identiteitsboekies gaan vervang, sal van Saterdag af aan eerste aansoekers en pensioenarisse uitgereik word, het die departement van binnelandse sake gesê.
Video’s: Waterval voor en na swaar reën in Jhb
Die waterval in die Walter Sisulu Botanie Tuin in Roodepoort aan die Wes-Rand sorg vir ʼn skouspel na die afgelope paar dae se swaar reën In Johannesburg.
Twee polisiebeamptes doodgeskiet in KZN
Twee polisiebeamptes is Saterdagoggend in KwaZulu-Natal doodgeskiet.
‘Besopene’ vas na hy glo dokter-dokter wil speel
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo pasiënte by ʼn hospitaal in Mount Frere in die Oos-Kaap wou behandel.
DA mag nie optog hou nie
Die DA sê hy gaan appelleer teen die Johannesburgse metropolisie (JMPD) se besluit dat die party nie Dinsdag ʼn optog na die ANC se hoofkantoor mag hou nie.
Video’s en foto’s: Hoërskool Monument in Krugersdorp onder water
Die Hoërskool Monument in Krugersdorp aan die Wes-Rand is Vrydag gesluit nadat swaar reën uitgesak en tot oorstromings gelei het.
Pa van vier sterf in botsing
ʼn Pa van vier is dood nadat ʼn motor en ʼn vragmotor in Krugersdorp aan die Wes-Rand gebots het.
Petrolprys styg Woensdag skerp
Die prys van petrol en diesel styg Woensdag, het die departement van energie aangekondig.
Drie dood, 13 beseer in ongeluk
Drie mense is dood en 13 ernstig beseer nadat ʼn minibustaxi Saterdagoggend in Inanda, noord van Durban, KwaZulu-Natal omgeslaan het.
Gedagte vir die dag: Juwele uit die skatkis van die Psalms (17) – Sing tot eer van die Here
Psalm 89:16 – Dit gaan goed met die volk wat kan jubel tot u eer, wat in u lig lewe, Here. Waar is dit vir jou…