“Die mense het langs hul voertuig op die pad gelê – daar was niks wat ons meer vir hulle kon doen nie,” sê Russel Meiring, ER24-woordvoerder.
Alles vir Vrydag 28 April 2017
Die glorie van ou Afrika
Afrika hét dus ʼn roemryke verlede – die soort feite wat saam met die geskiedenis van byvoorbeeld die struggle en die Anglo-Boereoorlog in vandag se geskiedenisboeke hoort om aan alle leerlinge ʼn meer volledige agtergrond van hul vasteland te bied, skryf Org Potgieter.
Spanning vererger in Nelson Mandelabaai
Spanning tussen Athol Trollip, die burgemeester van Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, en Mongameli Bobani, adjunkburgemeester, het Woensdag nóg ʼn wending geneem toe Bobani twee sake van bedrog teen senior beamptes aanhangig gemaak het.
Gedagte vir die dag: Geloof is die beste medisyne teen bekommernis
Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie … Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng? … Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. (Matteus 6:25, 27, 32)