Die Spaanse polisie het Vrydagoggend vroeg gesê vyf persone wat vermoedelik betrokke was in ʼn beweerde terreuraanval in Cambrils is dood, ure ná ʼn soortgelyke voorval in Barcelona.
Alles vir Vrydag 18 Augustus 2017
Wynlandgoed-moordsaak: Rohde weer terug in hof
Jason Rohde, voormalige Suid-Afrikaanse hoof van die eiendomsgroep Lew Geffen Sotheby’s International Realty, sal na verwagting Vrydag weer in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn vir ʼn voorverhoorkonferensie.
Polisie op hoë gereedheid indien Grace Mugabe land sou verlaat
Die SAPD monitor Grace Mugabe om seker te maak dat sy nie die land verlaat nie, het polisieminister Fikile Mbalula Donderdag gesê.
Gedagte vir die dag: Skatte in die hemel
Moenie vir julle hier op aarde skatte bymekaarmaak waar motte en roes dit wegvreet en diewe inbreek en roof nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar geen mot en roes dit sal kan bykom nie, en waar diewe nooit sal kan inbreek en roof nie. Onthou, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. (Matteus 6:19-21)