Bleek planeet

Dolf van Niekerk

Reeds in die eerste gedig van Bleek Planeet, “2111”, word die leser gekonfronteer met die belangrikste tema van die bundel: Tussen die vallende herfsblare in sy tuin word die digter bewus van “die aarde se beskeie plekkie in die niet” en sien hy ‘n visioen van geel lug, verskroeide landskappe en verskrompelde woude op ‘n geel planeet. Die skrikbeelde van tsoenami’s, verwarde seisoene, besoedeling en toenemende verwoesting word in die eerste afdeling voortgesit. Die tweede afdeling begin met die lang gedig “Garob” waarin die skepping van die aarde soos dit vasgelê is in die sedimente van die Karoo aan die orde gestel. Die bedreiging van onbesonne ontginning, gierigheid en verbruikerswellus op die brose landskap word in die gedigte geteken. Die derde afdeling bevat meditatiewe gedugte waarin onder andere deur besinning oor die wer van Helen Martins gesoek word na “God se wateraar”, terwyl die laaste afdeling ‘n viering van die hier en nou is, al is die digter bewus daarvan datr hy “in brabbeltaal/moet swoeg om die sin/woorde te verhaal”. Met die kommer oor die bedreiging van die balans in veral die kwesbare Karoo is Dolf van Niekerk se vyfde digbundel baie tydig. Vir die liefhebbers van poësie, maar ook vir almal wat bekommerd is oor omgewingskwessies in Suid-Afrika.

Oor die outeur:
Dolf van Niekerk is ‘n bekende en geliefde skrywer van prosawerke soos Die son struikel (1960), Skrik kom huis toe (1968) en Die haasvanger (1985). Sy betrokkenheid by radiowerk het gelei tot talle radiopraatjies, hoorspele en vervolgverhale. Hy is meermale vir sy werk bekroon en het onder andere die Eugène Marais-prys, die M.E.R.-prys en die Scheepersprys ontvang.

Uitgewer: Protea Boekhuis
prys: R150-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae