Boek: Agter Lindie Stander se glimlag

Lindie Stander 

In 2012 verdwyn Binnelanders se geliefde Elise Kruger sonder waarskuwing van kykers se televisieskerms af. Lindie Stander, wat die rol van die vermaaklike Elise vertolk, was op die kruin van haar loopbaan toe sy in ʼn bloedbevlekte bed in ʼn staatshospitaal wakker word. Hier het sy besef dat sy haar rol en haar lewe soos sy dit ken, kwyt is.

Lindie Stander: Agter my glimlag is die eerlike ervaring van dit wat kykers nie op die skerm sien nie: die verpletterende verlies van haar pa, haar worsteling met dwelmmisbruik en rehabilitasie, ʼn lewe met depressie en ʼn gewonde vrou se genadelose soeke na ʼn liefde wat kan heelmaak. In haar bekende, deernisvolle stem vertel Lindie haar hartverskeurende, maar hoopvolle verhaal soos net sy kan: sonder skroom en met ʼn goeie skeut humor.

Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R290,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mercedes0 ·

Jy is vir my een van die beste aktrise wat daar is. Ek wens net jy verskyn meer in Binnelanders en ander reekse! Wens jou net die beste toe!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.