René Goscinny
Vertaal deur Sonya Van Schalkwyk-Barrois
Jare gelede is Vercingetorix by Alesia verslaan en Gallië is amptelik oorwin … ’n teer onderwerp waaroor die Alesiërs (of sal ons sê Alesjiërs) nie graag praat nie. Tydens hierdie oorwinning het Vercingetorix sy skild aan Caesar se voete neergewerp (letterlik), en sedertdien is dit nooit weer gesien nie … En word dit dus ’n gesogte voorwerp waarna nie net Caesar nie, maar ook ons Galliese helde soek. Hulle soektog neem hulle na interessante plekke en elkeen het ’n storie om te vertel oor wat van die beroemde skild geword het. Hul begin te wonder of hul ooit in die regte hoop houtskool soek! Dalk is die skild nie so ver weg van hulle soos hulle dink nie …
Asterix en die hoofman se skild is die 11de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Oor die vertaler
Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130.00*
*Prys onderhewig aan verandering
Ure se vermaak toe ons klein was. Lank voor digitale speletjies.