Boek: ‘Die Stella-moorde’ – Susan Cilliers

Susan Cilliers

“Maar, Xander, wat het by die koshuis gebeur? Ons weet jy was by die koshuis. Wat het presies gebeur daar? Vertel vir my. Jy kan maar met my gesels, Xander… Praat met my, ou seun, moenie slaap nie. Wat het gebeur by die koshuis? Ek weet jy wil nie daaroor praat nie, maar jy moet. Wat het gebeur by die koshuis, Xander?”

En toe is dit asof die damwal meegee.

Die moord op twee meisies in hul skoolkoshuis vroeg op ʼn wintersoggend in 2018 het die hegte boeregemeenskap van Stella in Noordwes getraumatiseer. Die ysingwekkende feite van die saak het trouens die hele Suid-Afrika geruk. Xander Bylsma (19), ʼn boerseun van die omgewing, is aangekla van die wurgmoorde op Sharnelle Hough en Marna Engelbrecht, ʼn skrander donkerkop.

Watter intriges het tot die moord gelei? En hoe leef die gesinne van drie belowende jong mense met die gevolge van ʼn grudaad soos dié? Susan Cilliers, skrywer van Huis van gruwels, skryf indringend oor die vrae wat ná die hofsaak onbeantwoord bly, oor lewens wat vernietig is en die moontlikheid van berusting en vergifnis.

Oor die skrywer

Cilliers is sedert 2010 Netwerk24 se verslaggewer in Noordwes. Sy was vroeër ʼn skrywer by Huisgenoot en het ʼn meestersgraad in joernalistiek. Cilliers is ook die skrywer van die topverkoper Huis van gruwels: My 16 jaar in die Springs-hel wat ook in Engels beskikbaar is.

Prys: R295,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Francois Le Cochon ·

Elke keer as ek vuur maak en vleis braai met ‘n bier in die hand, dink ek aan Xander wat kool en sardientjies kry met flou Frisco en 10 snye droe brood.

Androclus ·

Tel jou woorde,dis jou geluk en sy ongeluk,moenie oordeel nie,dis ‘n saak tussen God en hy.

Kokkie ·

So wat probeer jy nou eintlik daarmee sê, Francois Le Cochon ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.