Boek: Die verdriet van België

Hugo Claus

Die verdriet van België beslaan die tydperk tussen 1939 en 1947: vrede, oorlog, vrede. Louis Seynaeve is elf jaar oud en ’n leerling aan ’n Katolieke kosskool waar die nonne sy lewe regeer. Verwarring, hunkering en bedrog vorm sy jeugjare in die skoot van ’n kleurryke en verbysterende familie.

Die Vlaamse lewenswyse in die historiese krisisperiode van oorlog, kollaborasie en oorlewing word deur Hugo Claus in ’n stroom van groteske en ontroerende verhale opgeroep. Dit is ’n komplekse en meesleurende roman.

Daniel Hugo se vertaling gee die Afrikaanse leser toegang tot Claus se belangrikste boek en een van die hoogtepunte van die 20ste-eeuse Nederlandstalige letterkunde.

Oor die outeur

Hugo Maurice Julien Claus (5 April 1929 – 19 Maart 2008) was ’n Vlaamse digter, skrywer, skilder en filmmaker. Hy staan ook bekend as die mees bekroonde outeur in die Nederlandse taalgebied. Tydens sy loopbaan skryf Claus duisende gedigte, tientalle toneelstukke en diverse romans, waarvan sy bekendste meesterwerk Die verdriet van België uit 1983 is.

Oor die vertaler

Hugo was ’n spesialisomroeper by Radio Sonder Grense (RSG) en verantwoordelik vir die literêre program “Leeskring”. Hy is ’n gerekende digter met 16 poësiebundels op sy kerfstok. As vertaler het hy reeds die werke van onder meer Tom Lanoye, Rutger Kopland, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen en Cecily Mary Barker in Afrikaans vertaal.

Genre: Fiksie
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R395,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.