Deon Meyer
Bennie moet ring koop. En nie sommer ’n hierjy-ring vir sy Alexa nie. Hoe op aarde moet hy nou dít bekostig? Dan word ’n vroueliggaam gevind en sy word Bennie en Vaughn se probleem toe daar besef word sy’s ’n buitelander: Alicia Lewis, ’n kunskenner op die spoor van ’n ou skildery.
Wanneer Lithpel Davids die naam Billy de Palma in Alicia se skootrekenaar vind, weet Vaughn daar’s gróót fout. Want hy ken vir Billy, en Billy is bad, bad news…
Oor die outeur
Deon Godfrey Meyer is op 4 Julie 1958 in die Paarl gebore. Hy matrikuleer in 1976 aan die Hoërskool Schoonspruit in Klerksdorp. Hy studeer aan die PU vir CHO en volg ’n BA-kursus met Engels en Geskiedenis as hoofvakke. Hy behaal later ’n honneursgraad aan die Universiteit van die Vrystaat.
In die 1980’s het hy as joernalis by Die Volksbladgewerk, die Universiteit van die Vrystaat se Skakelburo en in 1989 begin hy by Sanlam in Kaapstad as reklame-kopieskrywer.
In 1991 word hy aangestel as bestuurder van Interne Kommunikasie en skeppende direkteur van Sanlam se Reklame-afdeling. Hy begin later sy eie maatskappy wat spesialiseer in die skep en bestuur van virtuele gemeenskappe op die internet, en daarna was hy die bestuurder van spesiale projekte van BMW se motorfietsafdeling. Hy is op die oomblik ’n voltydse skrywer.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R190,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek op Graffiti Boeke