In hierdie slim lees- en luisterboek is daar 45 pragtige prentjies wat praat.
Vind uit watter diere woon op die plaas, in die woud of in die bosveld. Daar is ook interessante seediere en oulike troeteldiere om te leer ken. Druk op elke prentjie en luister na die dier se naam en die geluide wat hy maak!
- Pragtige kleurvolle illustrasies op elke bladsy waaraan kinders hul kan verwonder.
- Sluit 45 klankknoppies in
- Kinders leer diere se name en geluide ken
- Lekker formaat vir klein handjies
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R169-95*
*Prys onderhewig aan verandering
Goeie dag
Waar kan ek die boek “Diere klank boek koop”?
Ek kry dit nerens nie.
groete
Lize
Dagsê Lize
Ek kon nie die boek op die uitgewers se webwerf opspoor nie, dit wil voorkom of die boek nie meer in voorraad is nie. Ek sien hier is ‘n webwerf wat moontlik die boek aan jou kan verskaf: http://www.littera.co.za/lees-en-luister-diere-klankboek-human-rousseau.html
Of jy moet die uitgewers dalk direk kontak: http://www.nb.co.za/ContactUs
Ek hoop jy kom reg!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media