Boek: ‘Droomvanger’ – Chanette Paul

Chanette Paul

Die mistigheid is klam en koel en dwarrel in vlae teen haar vel. Sy sak weg daarin. Los daarin op. Die mis rol nog digter teen haar aan, begin haar versmoor. Sy asem die digte klamheid hortend in. Nou is dit ook binne-in haar. Sy stoei vir asem…

Die droomwip moes haar drome verklaar, maar sy weet steeds nie wat hulle inhou nie.

Die runesteen moet haar beskerm, maar die eerste aand op die plaas in die Maluti’s is daar ʼn moord.

Die antieke manuskrip kan dalk haar toekoms verseker … as sy oorleef…

Oor die skrywer

Chanette Paul pendel tussen twee tuistes: haar oewerhuisie in die Overbergse dorpie Stanford waar die man in haar lewe ’n rivierboot bedryf, en haar skryfplek naby die suidelikste punt van Afrika. Paul is ’n katliefhebber en smoorverlief op haar dowe kat, Thomas. Sy is ’n leesvraat, ’n onbehendige tuinier en ’n hopelose kok. Sy is lief vir swem en snorkel, en hoop sy sien eendag ʼn meermin.

Prys: R320,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.