Boek: Engela Goedhart se lawwe streke

Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie. Lees in hierdie reeks van drie boeke oor al Engela se lawwe streke en hoe sy gereeld in die moeilikheid beland – al bedoel sy dit nie.

Engela Goedhart

Engela Goedhart is die eerste boek in die reeks. Engela is daarvan oortuig dat die hoof ʼn pruik dra en sy probeer bewys dat sy reg is. Sy probeer haar vyand Twané Witvoetjie uitoorlê en sy is heeltemal uit haar diepte tydens ʼn spa-naweek, maar Engela is vasbeslote om haar stempel af te druk.

Klik hier om die boek aan te skaf.

Koninginby

In die tweede boek in die reeks speel Engela bemiddelaar vir haar onderwysers. Sy probeer om haar eie tuisgemaakte limonade te maak en sy kry met die Lelike Susters te doen…

Klik hier om die boek aan te skaf.

Superster

In die derde boek in die reeks staan Engela uit wanneer sy ʼn nuwe vaardigheid vir die skool se talentkompetisie aanleer, sy verdwaal op ʼn natuuruitstappie en sy speel saam met ʼn groep seuns op die sokkerveld.

Klik hier om die boek aan te skaf.

Die Engela Goedhart-reeks is deur Alan MacDonald geskryf en Shawna-Leze Meiring het dit vertaal. Die boeke het pas by Lapa Uitgewers verskyn en is geskik vir beginnerlesers. Dit bevat lag-uit-jou-maag-humor en die prettige illustrasies is deur David Roberts gedoen.

Prys: R140,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.