Steve Smallman
In hierdie oorspronklike weergawe van ’n bekende sprokie, steel Aspoestertjie die prins se hart met haar pragtige glimlag.
Kinders leer hoekom dit belangrik is om elke dag tande te borsel met behulp van hierdie skreeusnaakse storie.
Dié reeks van vier titels, elk ’n eie weergawe van ’n bekende sprokie, sluit telkens ‘n boodskap oor gesonde gewoontes in. Die humoristiese skryfstyl en oulike illustrasies sorg dat die boodskap oor ’n gesonde lewenstyl onopvallend en op ’n prettige manier tuisgebring word.
Agter in die boek is daar ook ekstra gesprekspunte wat as ’n gids dien oor hoe om die boek effektief te gebruik en met kinders oor die storie en boodskap te gesels.
Hierdie reeks is perfek vir ouers wat soek na bekostigbare prenteboeke met ‘n positiewe boodskap.
Oor die outeur:
Steve Smallman is al vir meer as 20 jaar ‘n kinderboek-illustreerder en het ook 10 jaar gelede begin om sy eie kinderboeke te skryf. Hy was ook die wenner van die Sheffield Children’s Book Award in 2009.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R59-95*
*Prys onderhewig aan verandering
Goeie DAg! Waar kan ek hierdie reeks boeke koop?
Dankie
Dagsê Louise
Die reeks boeke word deur NB Uitgewers uitgegee, maar is by enige goeie boekwinkel beskikbaar.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media