Boek: Heidri Mittendorf se ‘Die beste raaiselboek’

Heidri Mittendorf

Die beste manier om jouself uit te daag en pret te hê is deur Heidi Mittendorf se Die beste raaiselboek te koop. Dit sal jou brein laat bollemakiesie slaan van pure lekkerkry.

In hierdie prettige aktiwiteitsboek is daar blokraaispeletjies, syferspeletjies en ander raaisels wat perfek is vir ouer kinders in die laerskool.

Die beste raaiselboek is deur Mittendorf saamgestel met illustrasies deur Tumi K. steyn.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R120,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Scholtz ·

As hierdie boek my sal help om die raaisel van die tot-op-hede nie-aankondiging van die boek van die maand vir Julie op te los, sal ek dit aanskaf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.