Saamgestel deur Dorling Kindersley
Hoekom kan jy nie jouself kielie nie?
Hoekom bars vulkane uit?
Wat is ’n eggo?
Is daar lewe op Mars?
Hoe werk ’n duikboot?
Hoeveel sterre is daar?
Hierdie asemrowende volkleur-ensiklopedie word in ’n interaktiewe vraag-en-antwoordformaat aangebied wat feite vet pret maak! Dit fokus op onderwerpe waaroor kinders regtig graag meer wil leer en die vrae wat hulle daaroor vra – van die ruimte tot die aarde, die menslike liggaam en die natuur. Kom loer saam binne-in ’n vulkaan of verken ’n bewerdam met ongelooflike driedimensionele illustrasies wat verstommende detail blootlê. Verander jou kinders vandag nog in feitevrate met hierdie indrukwekkende naslaanbron!
Oor die samesteller
Hierdie ensiklopedie is saamgestel deur Dorling Kindersley, die wêreldleier op die gebied van toeganklike niefiksie vir jong lesers. Dit is geskryf in samewerking met vakkenners van die gesaghebbende Britse Smithsonian-instituut.
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R294,99*
*Prys onderhewig aan verandering