ʼn Video van ʼn vyfjarige Britse seuntjie se reaksie toe hy uitvind hy gaan ʼn ouboet word, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media en is al miljoene kere gekyk.
Lees meerAlles vir Vrydag 28 Augustus 2015
Soveel SA’ners in oorsese tronke
Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking het Vrydag bekendgemaak hoeveel Suid-Afrikaners gevangenisstraf in oorsese tronke uitdien.
Rugby-moord: Uitspraak gelewer
Blayne Shepard, die man wat daarvan beskuldig word dat hy Brett Williams, ʼn voormalige seesoldaat in die Royal Marines, ná ʼn rugbywedstryd vermoor het, is Vrydag gevonnis.
Hawelose moor glo vriend oor brood
ʼn Hawelose man van Bloemfontein in die Vrystaat het glo sy vriend met ʼn mes doodgesteek oor ʼn brood.
Video wys hoe rowers polisieman doodskiet
Beeldmateriaal het aan die lig gekom wat wys hoe ʼn rower ʼn polisiebeampte verlede maand tydens ʼn rooftog doodgeskiet het. WAARSKUWING: Die video kan sensitiewe kykers ontstel.
Voormalige Eskom-hoof kry weer hoë regeringspos
Tshediso Matona was vir minder as ses maande aan die stuur van sake by Eskom.
ToekomsVenster: Seënbedes is verpakte genade.
Gebedsverhoring, beskerming, hulp, bystand, vervulde drome… Die sinnetjies is ʼn kragtige aanduiding van God se ewige vermoë om te seën.
Video: Skating on Thin Uys 30 jaar later op die grootskerm
Die rolprent Skating on thin Uys is gisteraand op die kykNET Silwerskermfees in Kaapstad vertoon, 30 jaar nadat dit die eerste keer uitgereik is.
Resep: Sonskyn-frittatas
Dit is nie sommer net enige pienkniekbondel nie: Lorraine van Kokkedoor stel dit saam met heerlike eetgoedjies uit haar eie kombuis!
Goeie nuus vir motoriste
Die departement van energie het aangekondig dat brandstofpryse aanstaande Woensdag sal daal.
‘Lekkergoed-rye’ by Woolies verwyder
Woolworths het Vrydag ʼn verandering vir sy winkels aangekondig as deel van sy Good Food-reis om “beter opsies aan klante te bied”.
Op die radar: Leon Stols is lief vir musiek en lief vir die plaas
As ʼn mens na Leon Stols se liedjie “Plaasjapie” luister hoor jy iets van die sanger se hart. Jy besef dan sommer ook gou hoekom sy bynaam Leon Rock Boer is. Dié sanger, oorspronklik van Namibië, het onlangs ʼn draai in Maroela Media se ateljee kom maak.
Drie kritiek ná tiener glo met motor in werkers vasjaag
Drie munisipale werkers is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal, nadat ʼn tienerseun Donderdag glo met sy pa se motor in die groep ingejaag het waar hulle langs die pad gewerk het.
[Video] Kyk hoe vang moordwalvis sy prooi
In ʼn video wat deur Cetuscetus opgelaai is, kan mens sien hoe ʼn Orka ʼn vis as aas gebruik om ʼn voël te vang.
N1-ongeluk: Oud-mnr. SA se pa ‘n ‘held’, vlugtende booswig glo oorsaak
Adriaan Bergh, ʼn voormalige Mnr. Suid-Afrika, se pa se optrede ná die ernstige ongeluk Donderdag op die N1-snelweg in noorde van Pretoria, het moontlik sy vriend se lewe gered.
Boek: Hoekom? Ensiklopedie
Hierdie asemrowende volkleur-ensiklopedie word in ’n interaktiewe vraag-en-antwoordformaat aangebied wat feite vet pret maak! Dit fokus op onderwerpe waaroor kinders regtig graag meer wil leer en die vrae wat hulle daaroor vra.
“Misverstand was oorsaak van NWU-oproer”; geen skade aangerig
Die protesaksie wat gistermiddag by die institusionele kantoor van die Noordwes-Universiteit (NWU) buite die Puk-kampus in Potchefstroom plaasgevind het, was ʼn beplande optog wat ontaard het na ʼn misverstand.
Luister: Debbie Loots gesels oor debuutroman
Debbie Loots se eerste boek, Split, speel af in die 70’s en 80’s en dit volg die Barnard-gesin wat rondtrek van die een plek na die ander. Debbie het met Esté Meyer Jansen gesels oor die temas van die boek en hoe dit voel om jou eerste roman in jou hande te hou.
Seun wat verdrink was ʼn ‘sterk swemmer’
“Hy was so opgewekte kind wat altyd besig was om grappies te maak. As jy net gedink het aan hartseer wees, was Louis klaar daar om jou op te beur.”
Redakteursbrief: Jesus Christus woon in Suid-Afrika
“Ek is nie naïef oor wat in ons land gebeur nie. Inteendeel – in ʼn media-omgewing kry ons elke dag met die slegste van die slegte stories te doen…” skryf Susan Lombaard.