Mag die Here u gebed verhoor op die dag van nood, mag die Naam van die God van Jakob u beskerm. – Lees Psalm 20:2
Seënbedes is verpakte genade. Ons moet mekaar seën in die Naam van ons drie enige God. Seënwense wat ter harte geneem word vul jou toekomsverwagting. Dit lê bakens aan vir die pad vorentoe. Dit wek geloof en vertroue.
Die digter is flambojant met sy seënwense. Presies wie hier aangespreek word is nie duidelik nie maar gelukkig kan elkeen van God se kinders dit in sy lewe opneem. Dit is niks anders as die hart van God nie. As Vader het Hy net een begeerte en dit is die omvattende vrede en omgee van ons Vader.
Gebedsverhoring, beskerming, hulp, bystand, vervulde drome… Die sinnetjies is ʼn kragtige aanduiding van God se ewige en on-gerasionaliseerde vermoë om te seën.