Boek: Is jou kind doof, hardhorend?

Karina Jooste-Van Aarde

My kind is doof of hardhorend. Wat nou?

Wanneer horende ouers besef hulle kind is doof, veroorsaak dit ʼn emosionele skok en trane en met verloop van tyd baie vrae.

Baie vrae bly onbeantwoord weens onkunde en daar blyk min ouerleiding uit dowe mense se perspektief te wees wat horende ouers help om ʼn dowe of hardhorende kind in Suid-Afrika op te voed.

Die eerste vraag wat horende ouers gewoonlik vra, is: “Hoe kommunikeer ons met ons dowe of hardhorende kind?”

Oor die skrywer

Karina Jooste-Van Aarde, skrywer van My kind is doof of hardhorend. Wat nou? het linguistiek aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) studeer. Sy het as ʼn dowe medenavorser saam met Departement Linguistiek en Moderne Tale by Unisa gewerk en was ʼn diplomatieke bemiddelaar tussen die dosente, PhD- en MA-studente, en die dowegemeenskap. Jooste-Van Aarde het in Desember 2020 afgetree.

Prys: R220,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Naledi Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.