Boek: Kassie Kasselman terug in ‘Doolhof’

Rudie van Rensburg

Omstrede en skatryk oudpolitikus Armand Deysel is vermoor, en Kassie en Rooi het nie minder nie as ses verdagtes. ʼn Britse ondersoeker is op die spoor van die waardevolle Doolhof-halssnoer, en ʼn platsakman steier telkens terug van die samelewing se dwarsklappe.

Kassie en Rooi pak hul ondersoek sonder forensiese rugsteun aan, en al die verdagtes hardloop kringe om hulle. Gaan iemand dié keer vir Kassie ore aansit … en met die perfekte moord wegkom?

Doolhof, die jongste Kassie Kasselman-roman uit Rudie van Rensburg se pen, volg op Hartedief, Merk, en Slagyster. Die boeke word deur NB-Uitgewers uitgegee.

Oor die skrywer

Van Rensburg is in Bloemfontein gebore. Hy het sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad begin, was medestigter en uitgewer van Bloemnuus en later redakteur van Die Ekonoom. In 1987 het hy Kaap toe verhuis. Sy skilderye is plaaslik en oorsee in versamelings opgeneem.

Sy romans sluit in Kopskoot, Judaskus, Pirana, Kamikaze en Monster, en die komiese romans Hans steek die Rubicon oor, Hans gee Herklaas horings, Hans bars die bioborrel en Hans hou sy lyf Sherlock.

Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R330,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.