Boek: Kies liefde … Bybelstudie

Kies_Liefde.jpgStormie Omartian

Ander mense sien God die beste raak wanneer gelowiges God se liefde weerkaats. Om dit te doen, moet God se kinders eers drie belangrike keuses maak. Dáárna sal hulle God se liefde effektief en daadwerklik kan uitdruk.

Stormie Omartian fokus in Kies liefde … Bybelstudie op dié drie liefdeskeuses wat gelowiges se lewens in liefde kan hul:

  1. Kies om God se liefde vir jou te aanvaar.
  2. Kies om jou liefde vir God uit te druk.
  3. Kies om ander lief te hê op ʼn manier wat God sal behaag.

Kies liefde … Bybelstudie bevat studies vir 21 weke oor hierdie besluite en die beloning wat daarin opgesluit lê. Individue en kleingroepe sal die vrae, insigte vir bespreking en gebede waardevol vind.

Die Bybelstudie sluit aan by Stormie se Kies liefde … en bevat uittreksels uit dié boek.

Oor die outeur:

Stormie Omartian is ’n topverkoper-outeur en daar is al meer as 34 miljoen van haar boeke verkoop. Dit sluit The Power of a Praying®-trefferreeks in, waaronder The Power of a Praying® Life, The Power of a Praying® Wife en The Power of a Praying® Husband. Stormie en haar man, Michael, is al vir meer as 40 jaar getroud en het twee volwasse kinders. Besoek ook www.stormieomartian.com.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R169,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae