Boek: ‘Koöperasiestories’ – PG du Plessis

PG du Plessis

PG du Plessis was een van Afrikaans se meestervertellers. En met Koöperasiestories wat ook as ʼn televisiereeks uitgesaai is, het hy volksbesit geword.

Hierdie heruitgawe bevat ʼn keur van die gewildste humoristiese kortverhale oor die lief en die leed van die mense op die dorp Gezinasrus. Flambojante karakters soos Veldsman, Genis, Vissertjie, Myta, Oom Botes en die Pieterses kruip ten spyte van hulle stommighede en streke diep in ʼn mens se hart.

Koöperasiestories bevat 30 kortverhale en sluit onder meer gunstelinge in soos “Skeef gelaai”, “Soontjie”, “Merk haar vir my”, “Die man wat so kon spu”, “Liefde is ʼn winskoop”, “Dubbele kyk in die oog”, “Milky bar”, “Eksterminasie”, “ʼn Ruikertjie geelperskes”, “’n Dier in pyn”, “Om ʼn vrou aan te kleef” en “Die snorkmasjien”.

Prys: R240,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.