Boek: Liewe mamma

Esther Verhoef

Een knal en haar geordende lewe is nooit weer dieselfde nie …

Helen geniet haar werk as opgeleide teatersuster. Sy woon in ’n pragtige huis. Haar man maak verskriklik baie geld. Met die drie kinders gaan dit voor die wind.

Op ’n Vrydagaand gaan sy altyd gimnasium toe, want haar lewe het ’n vaste ritme. Sy kom by die huis en betrap ’n inbreker. Uit selfverweer skiet sy hom dood.

Wat nou? Meld hulle dit by die polisie aan, sal haar man se ondernemings daaronder ly.

’n Entjie verder sit Ralf en wag vir sy vriend wat vinnig-vinnig geld by ’n ryk sakeman gaan steel. Hy hoor skote klap en besef uiteindelik dat hy sy vriend nooit weer sal sien nie. Na die polisie kan hy nie gaan nie, want dan stel hy homself bloot.

Liewe Mamma ondersoek die nadraai van daardie noodlottige aand. Helen en Ralf spook albei met hulle eie demone en skuldgevoelens.

Dit is ’n angswekkende roman oor ’n vrou se skynbaar perfekte lewe wat kruis met dié van ’n jong gewoontemisdadiger. Selfs in verre Nederland is die werklikheid nie altyd so rooskleurig soos die skyn nie.

Liewe Mamma is Esther Verhoef se eerste boek wat in Afrikaans vertaal is.

Oor die skrywer

Verhoef is ’n gewilde Nederlandse skrywer en haar boeke is topverkopers. Haar sielkundige rillers en romans het al meer as 2,5 miljoen eksemplare in Nederland verkoop. Verhoef het ook verskeie toekennings ontvang. Dit sluit in die NS Publieksprijs (NS Audience Award/Prix Public), Hebban Crimezone Award; Diamanten Kogel (Diamond Bullet); en Mother Dear, die gesogte Gouden Strop- oftewel Golden Noose-toekenning vir beste moordriller van die jaar. Sy is die skrywer van Close-Up en Rendezvous wat albei in Engels beskikbaar is.

Genre: Riller
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R315,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.