Boek: My eerste 100 diere

Dawn Sirett

Hierdie stewige kartonboek is propvol wonderlike diere – van reusagtige olifante tot piepklein skoenlappers en oulike babadiere. Die pragtige, kristalhelder foto’s en lewendige illustrasies is in verskillende kategorieë gerangskik – van troeteldiere tot wilde diere en plaasdiere.

Woordetikette moedig wys, benoeming en praatvaardighede aan, terwyl dit woordeskat en taal ontwikkel. My eerste 100 diere is ontwerp om in te lig en te vermaak, en is die begin van jou baba se leer-avontuur: die wêreld is ongelooflik, beeldskoon, interessant en prettig!

Die boek is ontwikkel saam met ʼn opvoedkundige konsultant, Penny Coltman, om te verseker daar is genoeg om om oor te gesels, te leer en te glimlag; dit is geskep om die jong wetenskaplike van dag een af lief te maak vir boeke.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R135,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Francois ·

Ek wil graag die boek “My eerste honderd diere” vir my seuntjie koop vir Kersfees. Kan julle asb meer inligting e-pos. Dis by Grafitti Boeke beskikbaar, maar ek soek meer inligting asb. Groete, Francois(0726946357)

rene ·

Ek wil graag die boek vir my kleinkind koop vir kersfees, kry mens dit net in afrikaans of in engels ook, en kan ek dit online bestel, sal ook graag meer inligting wil he. Stuur maar n epos na my, ek kan nie my cel nommer hier sit dat almal dit sien nie.

groete
rene

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.