F.A. Venter
Dit is Januarie 1837. Rudolf Dreyer en sy gesin staan voor die Blesberg saam met honderde ander Trekkers. Hulle is gretig om verder te trek, maar daar is verdeeldheid oor waarheen: Port Natal of noorde se kant toe? Hendrik Potgieter, Gert Maritz en Pieter Retief is die leiers wat moet besluit. Pieter Retief kom met die idee om sommer oor die Drakensberg te trek. “Holderstebolder” is al die waens oor die berg, maar wat anderkant wag, is die Bloukransmoord en Dingaan se moordkoppie…
Oor die outeur
Frans Venter (1916–1997) gaan skool op Strydenburg en Hopetown en studeer later letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Vanaf 1938 is hy joernalis totdat hy as enigste seun hom in 1959 op die familieplaas, Constantia, vestig. Hy ontvang die Hertzogprys vir Prosa in 1976.
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R295.00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke
Ek soek al jare lank na tweedehandse uitgawes van Geknelde Land, Offerland en Beloofde Land. My pa het al vier gehad, maar op een of ander manier het ek geeïndig slegs met drie kopieë van Bedoelde Land; twee uit ander oorde. Hierdie vier is die allerkosbaarste boeke in Afrikaans! Ek beveel dit veral aan vir jong Afrikaanssprekendes. Oneindig insiggewend…
Baie dankie julle, ek het reeds “Geknelde Land”, en “Die Rentmeesters” van F.A. Venter; egter tot my spyt net nog nie daarby uitgekom nie, daar is so, so baie wonderlike Afrikaanse leesstof, skrywers en boeke waarby mens moet uitkom, ‘n ou sukkel om by alles uit te kom:)
Bravo Afrikaans!!