Boek: ‘Op die duiwel se spoor’ – Ben Booysen

Ná herhaaldelike polisiebrouwerk begin kaptein Ben Booysen die Krugersdorp-moorde in 2016 manalleen ondersoek. Teen die tyd dat Booysen die saak oorneem, is 11 mense reeds grusaam vermoor deur ʼn groep wat hulleself Electus per Deus (Gekies deur God) noem.

Booysen, die seun van ʼn mynwerker wat lief was vir die bottel en die vuis, se grootwordjare sou min mense laat dink dat hy een van Suid-Afrika se grootste moordsake sou oplos. Aangevuur deur ʼn verbete sin vir geregtigheid haal hy koerantvoorblaaie toe hy die baasbrein agter die moorde, Cecilia Steyn, en haar vyf makkers aankeer.

In Op die duiwel se spoor onthul Booysen, in samewerking met Sunday Times-joernalis Nicki Gules, skokkende besonderhede van polisie-onbeheptheid en nuwe inligting oor die moordenaars, hulle misdade en lewe in die tronk.

Oor die skrywers  

Ná ʼn loopbaan van 40 jaar in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) verwerf Booysen oornag heldestatus in die treffer-TV-reeks Devilsdorp as die man wat die berugte Krugersdorp-moordenaars vasgetrek het.

Nicki Gules het haar in ʼn lang loopbaan in die media as joernalis onderskei. Sy het onder meer vir City Press en The Times gewerk en is tans assistentredakteur: nuus en ondersoekende joernalistiek by die Sunday Times.

Prys: R280,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.