Boek: Reise met Schoeman

Ria Winters

Reise met Schoeman het ontstaan uit ’n jare lange e-poskorrespondensie tussen die skrywer en Karel Schoeman (1939-2017). Die lande waar hulle albei gereis of gewoon het, was dikwels die onderwerp van hul kommunikasie. Ná Schoeman se dood het daar ’n persoonlike gemis ontstaan, die behoefte om daaraan uiting te gee en terselfdertyd die idee dat daar ’n vertelling kan wees oor dié aspekte van die skrywer wat sy lesers moontlik nie ken nie. Winters kleur die stories oor Ierland, Skotland, Suid-Afrika en Amsterdam in met haar eie belewenisse waarin sy Karel Schoeman herdenk. Tydens die skryf van die boek het sy plekke en mense opgesoek wat hom geken het en wat die gemis aan hom met haar deel.

Oor die skrywer

Ria Winters is ’n Nederlandse historikus en kunsskilder. Haar publikasies behels wetenskaplike artikels en monografieë oor die ekologiese geskiedenis van Mauritius en die VOC se rol in die verskeping van diere vanuit Asië en Afrika via die Kaap na Amsterdam. Die afgelope paar jaar is haar belangstellingsveld die Suid-Afrikaanse kultuur en literatuur. Hierdie belangstelling het daartoe gelei dat sy haar meestergraadstudie by die African Studies Center van die Universiteit Leiden doen.

Genre: Reisverhale
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.